Brits se water

Brits se water – gaan dit ooit regkom? Brits, of te wel Madibeng, is in ‘n totale waterkrisis en dit lyk nie of dit opgelos gaan word nie. Die vraag is hoekom? Die antwoord is onbekwaamheid. In hierdie tydskrif klink ons seker soos ‘n druppende kraan. Uitgawe vir uitgawe praat ons oor water en die kwaliteit daarvan. Ons het ook in die verlede gedelf en probeer uitwys dat ons watervoorsiening in die verlede behoorlik funksioneer het. Wanneer ons ‘demand’ vra ons nie vir die man op die maan nie – ons vra vir die herinstelling van iets wat gewerk het. Druk op die owerheid is daar. Die vraag is of die druk gaan werk. Wanneer hierdie mense, dis nou ons plaaslike owerheid, in die hoek gedruk word, word alle ander goed blameer. Apartheid is al ‘n holruggeryde perd – daardie ‘kite’ vlieg lankal nie meer nie. Toe kom hulle met ‘n pêrel van ‘n rede vir die krisis  – water vir die agtergeblewenes. Die sogenaamde agtergeblewenes sê hulle kry absoluut niks – net leë beloftes. Die ongekende hitte wat ons nou ervaar plaas geweldige druk op ons waterbronne. Wateronderbrekings is nou aan die orde van die dag. Gelukkig het ons in Madibeng twee voordele. Die eerste een is dat ons ‘n waterbron het – die Hartebeespoortdam. Toegegee, die kwaliteit van die water is pateties maar die water kan minstens darem gesuiwer word. Die tweede voordeel is dat ons vir die eerste keer regstreekse verteenwoordiging in die Parlement het. Leon Basson is daar en hy gebruik die meganismes van die Parlement baie effektief deur indringende vrae direk aan die Minister van Water en Sanitasie te rig. Water is sy portefeulje as die skadu adjunkminister van sy party. Kom ons kom by die kern van die probleem. Waterwerke is soos ‘n motorkar. Onderhoud, instandhouding en uitbreidings moet deurgaans plaasvind. Hierdie mense het dit nie gedoen nie. Reeds in 2010 was daar ernstige aanbevelings hieromtrent deur kundige konsultante gemaak wat pleinweg deur die plaaslike owerheid geignoreer is. Van daardie aanbevelings probeer hulle nou as noodmaatreel implimenteer. “Too litlle – too late” sal die engelsman sê. Die Minister van Water en Sanitasie het vir Leon in die Parlement geantwoord dat die herstel en opgradering van Madibeng se operasionele vermoë ten opsigte van water en riool R705m gaan kos. Madibeng moet R187,7m bydrae – geld wat hulle nie het nie. Die Departement van Water en Sanitasie sal 25 persent bydrae. Oor die res van die geld is die bronne daarvan vaag en onduidelik. Slotsom – weer ‘n sukkelende ‘kite’. Hierdie verhaal van rillers eindig nie. Magalies Water is aangestel om hierdie projek te dryf. Hierdie mense weet wat hulle doen – ons het dit by Vaalkopdam gesien. Ingeligte bronne noem dat daar onmiddellik wanorde is. Raadslede daag op en ‘demand’ dat hulle pêlle as kontrakteurs en werkers aangestel word. Hulle wil hulle eie mense in alle fasette van die projek in diens hê. Die gevolg is dat die projek, wat nog nie eintlik ‘n projek is nie, vertraag word deur die toetreding van al wat ‘n amptenaar en politikus is met slegs eiebelang as doelwit. Water is op die agtergrond. Dit is die realiteite van vandag in ons dorp. Gaan dinge regkom? Ons weet nie. Wat moet ons as verbruikers doen? Ons weet nie. Hierdie verhaal het die vermoë om mens net meer mismoedig te maak.Brits se water – gaan dit ooit regkom? Brits, of te wel Madibeng, is in ‘n totale waterkrisis en dit lyk nie of dit opgelos gaan word nie. Die vraag is hoekom? Die antwoord is onbekwaamheid. In hierdie tydskrif klink ons seker soos ‘n druppende kraan. Uitgawe vir uitgawe praat ons oor water en die kwaliteit daarvan. Ons het ook in die verlede gedelf en probeer uitwys dat ons watervoorsiening in die verlede behoorlik funksioneer het. Wanneer ons ‘demand’ vra ons nie vir die man op die maan nie – ons vra vir die herinstelling van iets wat gewerk het. Druk op die owerheid is daar. Die vraag is of die druk gaan werk. Wanneer hierdie mense, dis nou ons plaaslike owerheid, in die hoek gedruk word, word alle ander goed blameer. Apartheid is al ‘n holruggeryde perd – daardie ‘kite’ vlieg lankal nie meer nie. Toe kom hulle met ‘n pêrel van ‘n rede vir die krisis  – water vir die agtergeblewenes. Die sogenaamde agtergeblewenes sê hulle kry absoluut niks – net leë beloftes. Die ongekende hitte wat ons nou ervaar plaas geweldige druk op ons waterbronne. Wateronderbrekings is nou aan die orde van die dag. Gelukkig het ons in Madibeng twee voordele. Die eerste een is dat ons ‘n waterbron het – die Hartebeespoortdam. Toegegee, die kwaliteit van die water is pateties maar die water kan minstens darem gesuiwer word. Die tweede voordeel is dat ons vir die eerste keer regstreekse verteenwoordiging in die Parlement het. Leon Basson is daar en hy gebruik die meganismes van die Parlement baie effektief deur indringende vrae direk aan die Minister van Water en Sanitasie te rig. Water is sy portefeulje as die skadu adjunkminister van sy party. Kom ons kom by die kern van die probleem. Waterwerke is soos ‘n motorkar. Onderhoud, instandhouding en uitbreidings moet deurgaans plaasvind. Hierdie mense het dit nie gedoen nie. Reeds in 2010 was daar ernstige aanbevelings hieromtrent deur kundige konsultante gemaak wat pleinweg deur die plaaslike owerheid geignoreer is. Van daardie aanbevelings probeer hulle nou as noodmaatreel implimenteer. “Too litlle – too late” sal die engelsman sê. Die Minister van Water en Sanitasie het vir Leon in die Parlement geantwoord dat die herstel en opgradering van Madibeng se operasionele vermoë ten opsigte van water en riool R705m gaan kos. Madibeng moet R187,7m bydrae – geld wat hulle nie het nie. Die Departement van Water en Sanitasie sal 25 persent bydrae. Oor die res van die geld is die bronne daarvan vaag en onduidelik. Slotsom – weer ‘n sukkelende ‘kite’. Hierdie verhaal van rillers eindig nie. Magalies Water is aangestel om hierdie projek te dryf. Hierdie mense weet wat hulle doen – ons het dit by Vaalkopdam gesien. Ingeligte bronne noem dat daar onmiddellik wanorde is. Raadslede daag op en ‘demand’ dat hulle pêlle as kontrakteurs en werkers aangestel word. Hulle wil hulle eie mense in alle fasette van die projek in diens hê. Die gevolg is dat die projek, wat nog nie eintlik ‘n projek is nie, vertraag word deur die toetreding van al wat ‘n amptenaar en politikus is met slegs eiebelang as doelwit. Water is op die agtergrond. Dit is die realiteite van vandag in ons dorp. Gaan dinge regkom? Ons weet nie. Wat moet ons as verbruikers doen? Ons weet nie. Hierdie verhaal het die vermoë om mens net meer mismoedig te maak.

10 thoughts on “Brits se water

  1. Hello, this weekend is good designed for me, for the reason that this
    point in time i am reading this wonderful educational piece of writing here at my house.

  2. I’m not that much of a internet reader to be honest but your sites really nice, keep it up!
    I’ll go ahead and bookmark your website to come back in the future.
    Many thanks

  3. Step 5. Confirmation” Click on the SHIP button and full the quiz or survey with the intention to get your Clash Of Clans Gems, Gold, and Elixir immediately.

  4. Hi there, i read your blog from time to time and i own a similar one and i was
    just wondering if you get a lot of spam feedback?
    If so how do you protect against it, any plugin or anything you
    can recommend? I get so much lately it’s driving me
    mad so any assistance is very much appreciated.

  5. After exploring a handful of the blog posts on your website, I
    seriously appreciate your way of blogging.

    I added it to my bookmark webpage list and will be checking back soon. Take a look at my website too and tell me how you feel.

Comments are closed.