Daglelie Poff ertjies

BB30

Bestandele:
• 1 koppie wit meel
• 1 eetlepel bakpoeier
• ½ teelepel sout
• 1 koppie yskoue soda water
• olie vir die diepvet braai
• 500 g tot 1 kg dagle lies*

So Gemaak:
1. Voeg die meel, bakpoeier en sout
bymekaar en meng dit goed saam.
Voeg die yskoue soda water saam
(Maak seker dat dit baie koud is!) en
klits liggies. Moet dit nie te veel klits nie
net todat dit goed gemeng is.
2. Verhit die olie op die stoof teen 180°C.
3. Sodra die olie warm genoeg is, vat dan die daglelies by die
stammetjies en doop in die deegmengsel en braai in die olie. Moet
nie meer as vyf daglelies op ‘n slag braai nie. Braai die daglelies
tot goudbruin voor jy dit uit die olie uithaal.
4. Eet terwyl dit nog warm is met sout bo-oor en jou gunsteling
doopsous langs die kant.
* Moet nie daglelies verwar met ander lelies soos tierlelies nie.
Party lelies is giftig so maak seker jy het die regte blomme voordat
jy die resep aanpak.