Die agterstoep boerdery

garden3

As jy wel ‘n huis het met ‘n groterige agterplaas of stoep, kan jy gerus dit oorweeg om ‘n agterstoep boerdery op die been te bring. Die tipe stukkie grond waaraan die nodige aandag gegee word, kan uiteindelik voorsien aan al jou groente-en vrugte behoeftes as ‘n huisgesin.

Dit is nou vir jou ‘n boonsterak idee wat jou ontsettend baie kan bespaar in kruideniersware en terselftetyd ook ‘n lekker gesinsaktiviteit word. Van aartappels tot appels, en van tamaties tot turksvye, die opsies is menigvuldig. Deesdae sit kinders ook vir ure voor die televisie en al hoe meer kinders in Suid-Afrika raak oorgewig as gevolg van hiérdie geen- oefeningsindroom. Die selfoon het ook gesinne se kwaliteit tyd erg versteur met soveel sosiale netwerke aanlyn.

Dit word al hoe meer aanvaarbaar dat mense vir mekaar gaan kuier om in ‘n “doof” se stilte te sit en na hulle selfoon skerms te kyk of om net den- kloos na ‘n televisie skerm te staar… Wat het geword van ons samesyn? Sal iemand se tande tog uitval indien hulle so nou en dan ‘n intelligente gesprek voer? Met ‘n groente-of vrugte tuin in jou agterplaas kan jy die hele gesin by dié aktiwiteit betrek. Kinders weet ook nie meer wat dit is om buite te speel nie, wat nog om iets konstruktief met hulle vrye tyd te doen. Die buitelug, ‘n bietjie son, liggaamsoefening en alles wat daarmee gepaardgaan is ideaal om ‘n gesonde gesin te skep.

Dit is ook wetenskaplik bewys dat enige aktiwiteite wat te doen het met kaal hande in die grond baie goed is om stres te verlig en het holistiese genesingseienskappe. Verder, as
ons ekonomie aanhou taan, en as ons misdadigers voortgaan om ons kosbare boere te vermoor en aan te val, sal ‘n tuis groente- of vrugtetuin ons enigste bron wees tot gesonde en bekostigbare groente en vrugte. Dit is nie bangpraat nie, maar ‘n realiteit wat ons ernstig sal moet oorweeg. Sonder kos kan geen mens lewe nie, en sonder gesonde kos word enige mens siek. Die gesegde wat sê ‘jy is wat jy eet’ dra besonderse gewig as dit kom by voeding. Om jou eie persoonlike ‘plasie’ te begin en in stand te hou moet jy seker maak dat jy goeie water toevoer het en goeie kompos. Jy kan ook enige vrug of groente afval gebruik soos aartappel skille ens. om jou eie kompos te maak en te gebruik.

Dit sluit ook eierdoppe, ou gras wat afgesny is, piesang skille, as van die vorige braai en enige natuurlike afval. Na dit ‘n week of twee gestaan het kan jy dit in jou grond inwerk
om seker te maak jy saai op vrugbare grond. Dus, kry jou gesin om die etenstafel bymekaar en beplan om tuin te maak as julle volgende pret- tige aktiwiteit in plaas daarvan om uit te sien na duur uitstappies. Daar was nog nimmer iets wat die pret van buitewees ooit kon oortref nie!