Die Beestekraal Stasie Fees was ‘n fees om by te woon

DSC_0866

Beestekraal stasie is al ‘n bekende landmerk in die Brits omgewing. Die restaurant staan nie terug vir die res nie, maar hulle het ook besluit om van hulle gronde ge- bruik te maak vir ‘n rally baan en ‘n groot verkskeidenheid stalletjies om enige persoon te vermaak. Die 25ste Junie het mense saamgekom en in die heerlike warm sonnetjie gesit en die fees geniet.

Mans en vroue wat honger na adrenalien het die rally baan aangepak en sodoende hulle voertuie vol stof gemaak en hulle wange seer gelag. Die Mog Doc span het twee van hulle voertuie gebring om behoorlik stof in die ander deelnemers se oë te skiet. Hulle het die hoë bulte soos miershope laat lyk. Tog was al die deelnemers ewe goed. Terwyl die rally aan die gang was, was daar ook stalletjies om die wat nie so lief is vir die geraas van voertuie nie besig te hou. Daar was oud- hede te koop, heerlike kos en soetgoed, tuisgebakte produkte, klere en juwele en daar was ook ‘n kaas en wyn stalletjie waar jy kan proe voor jy koop. Die restaurant was heeltyd oop en kon mens nogsteeds gaan sit en eet vir as jy lus was om aan die Stasie se lekker kos te smul.

Al die voetgangers was in die sewende hemel en wou nie gehad het die dag se verrigtinge moed eindig nie. Gelukkig was dit nie die laaste rally nie en gaan daar in die toekoms definitief weer ‘n hele klomp rallies wees.