Die belangrikheid van genoeg water drink en skoonheid

Water-Should-I-Drink

Dit is ‘n wetenskaplike feit dat die mens se liggaam uit meer as 70% water bestaan. Die natuur, diere en die hele heelal bevat inderdaad meer water as enige iets anders. Dit is die natuur en die heelal se manier om vir ons te sê hoe belangrik dit werklik is om water die middelpunt van ons leefstyl te maak.

Sonder water kan geen organisme lewe nie, wel nie binne die ruimte van ons heelal nie, al het wetenskaplikes ontdek dat daar ander heelalle bestaan wat soortgelyk aan ons is – die teorie is nog in ‘witskrif’ om dit eenvoudig te stel en dit beweer dat daar iewers daar buite iemand is wat of baie soos jy lyk of jou selfde karaktertrekke het.

Maar met die bewerings van kosmologie en al, sou hulle ook water nodig het om te oorleef uitheemse kreatuur of nie! Water help jou liggaam om al die kos wat jy eet te absorbeer en vervoer die voedingstowwe deur jou bloed- stroom. Dit help met ekskresie van gifstowwe en sirkulasie. Dit help ook in met die verkoeling van jou liggaam, nie net deur sweet nie, maar ook deur die regulering van jou liggaamstempe- ratuur deur beter bloedvloei. Verder, water reinig jou liggaam en help om die gifstowwe wat in jou organe vassit uit te spoel. Dit is ook goed vir jou blaas, niere en vel, dit verhoog jou metabolisme, spiertonus en verlaag jou eetlus.

Kraanwater in Brits is ook ‘n gesprek vir ‘n ander dag. ‘n Plaaslike chemiese ingenieur wat graag ano- niem sal wou bly het aan die Blink Boer erken dat as ons onder ‘n mikroskoop sou sien wat in ons plaaslike kraanwater is, sou ons dit liewers nie drink nie. Dit is ook belangrik om skoon water te drink, anders is dit meer ongesond as om glad nie water te drink nie. Dit is goeie voorsorg maatreëls om ‘n filter by jou huis of besigheid te installeer. Dit sal sorg dat die water wat jy wel drink dan skoon is benut word tot die volle gesondheidspotensiaal waartoe dit eintlik bedoel is.

Baie mense se dat hulle drink baie koffie en omdat koffie water bevat, moet dit vir hulle goed wees. Wel, hier is die feite; enigiets wat uit die natuur is soos dit kom, bevat baie water. Dit sluit melk en die meeste vrugte (en daarom vrugtesap sowel) in.

Aan die ander kant, mees mensgemaakte drankies, soos bier, koffie, tee, wyn en andere dehidreer jou liggaam groot- liks. So, van die kraan tot die filter, en van die filter tot jou glas en uitein- delik in jou liggaam – die beste raad is drink baie water. Dit is voordelig wat gewigsverlies behels, en ook die holistiese gesondheid van jou gestel.