DIE MENS SE LIGGAAM – GEVORM VIR GROENTE EN VRUGTE

human-anatomy-teeth

Die mens se liggaamsbou en anatomie is gepas vir ‘n groente en vrugte -dieët. Dink daaraan, ons het tog nie oogtande wat so lank en skerp is om regtig vleis te ‘verskeur’ met etes nie. Ons sê tog nie dat mense glad nie meer vleis of proteïene moet eet nie soos karnivore nie. ‘n Veganse dieët het tog sy eie nadele.

Ons is baie gelykvormig aan ons voorvaderlike wortels – alle geakkrediteerde en universiteitsopgeleide wetenskaplikes stem tog saam dat Darwin se teorie oor evolusie reg is. Ons is homo sapieënse wat van primate afkomstig is en is dus dan self ook primate. Ons loop regop en ons het ook lang arms en bemagtigde hande om bome te kan klim en vrugte te pluk. Ons is ook anatomies aangelê om af te kan buk en te kan saai en oes.

Alhoewel ons as mens omnivore is want ons eet beide vleis en plante, is ons meer aangepas as herbivore in teenoorstelling as karnivore. Ons kakebeen, tande, mondvorming en organe is goed gepas om groente en vrugte te kan eet en te verteer. Die menslike liggaam vat tog langer en sukkel mees om vleis te verteer. Dit is ‘n feit dat ons as mense ons koskeuses in aanmerking moet neem.

Minerale wat opgeneem word sluit in kalsium, magnesium en fosfor, wat noodsaaklik is vir die bene en tande. Kalsium is nodig om bloed te laat stol en dit kom van melk, melkprodukte en groen groente. Yster vervoer suurstof in die bloed en is nodig vir die behoorlike funksionering van die selle en spiere. Lewer, spinasie en rosyntjies is goeie bronne van yster.

Vesel is daardie deel van kos wat jy nie kan verteer nie. Dit is egter nodig vir jou ingewande om hul werk te doen. Dit sorg dat die voedingstowwe maklik deur die ingewande beweeg sodat dit geabsorbeer kan word. Veselryke voedselsoorte is groen en geel groente, vrugte, bruin rys, bone, lensies, volkoring en semels. ’n Gebrek aan vesel veroorsaak hardlywigheid, wat tot ingewandsiektes kan lei.

Ons liggame het dus vesel en minerale nodig wat verkrygbaar en opneembaar is deur die nodige groente en vrugte wat immers plantgebaseerd is, te eet. As jy tog van die ideologiese benadering is dat die mens se belangrikste voedingstof proteïene is, dan is dit nie ‘n verskoning om jou te ooreet aan vleis nie – daar is vele neute wat ook tog die nodige aanvulling gee.

Vanaf Adam en Eva se tyd was die oorspronklike dieët niks anders as gesonde vars groente en vrugte. Van die begin af het die mens in die tuin van Eden ‘geëet van die boom af.’ Waar ons vandaan kom en waar ons heengaan is vir elkeen afsonderlik om te ontdek en te besluit. Maar, vir die hier en nou het jou liggaam gesonde kos nodig vir ‘n gesonde lewe. Laat ons eintlik die gesegde omswaai om aan te pas by die ‘nou.’ As ‘n gesonde siel ‘n gesonde liggaam inspireer, dan is dit tog moontlik dat ‘n gesonde liggaam ‘n gesonde siel huisves.