Die oorsprong van Suid-Afrikaanse kookkuns

Suid-Afrika het ‘n groot verskeidenheid van kosse wat hulle oorsprong gekry het van verskillende kulture. Net so het elke provinsie ook sy eie eetgewoontes en disse wat eie is aan elke groep mense in ons land. Natal staan bekend vir hulle kerrie disse en die Kaap vir die seekos disse. Toe Jan van Riebeeck in 1652 in die Kaap aangekom het, het die setlaars ‘n behoefte gehad vir kos. Hulle moes vir die besoekende skepe voedsel aanbied voordat hulle weer verder op reis gaan. So het die Duitsers met groente en vrugte begin boer en vee aangehou vir vleis. Die Duitsers het op so ‘n manier ‘n rol gespeel in ons kookkuns omdat hulle rys, ligte speserye (soos kaneel) en die diepvetbraai tegniek (vir ons om vetkoeke te maak) aan ons voorgestel het. ‘n Oral bekende gunstelling, frikadelle, kom oorspronklik van Duitsland af. Met tyd het Suid-Afrikaanse kookkuns ‘n mengsel van Oosters en Westerse kos geword. Slawe was ingevoer van Java en Indonesië in 1667. Kaap Malay slawe, wat uitstekende kokke was, het eksotiese geure na voorskyn gebring soos bv. masalas en bobotie.

voortrekkers1

Franse Hugenote het in ons land geariveer tussen 1688 en 1690. Hulle belangrikste invloed was dat hulle wingerde geplant het en sodoende aanstoot gegee het om wyn te maak in die Kaap. Hulle het ook konfyte en ander gebottelde produkte gemaak en het wyn in hulle kook en bak tegnieke gebruik.

Die Duitsers en Franse Immigrante het naderhand ‘n nasie van hulle eie begin, die Afrikaners. Party het boere geword en op hulle plase gebly en ‘n lewe gemaak deur vrugte en graan boerdery. Ander het met vee geboer en moes rond trek vir meer weiding en het die naam “Trekboere” gekry. Ossewaens en perde was hulle enigste vervoermiddel. Om te oorleef moes die Voortrekkers jag en die vleis op die vuur braai om dit gaar te kry. So is die oorsprong van braaivleis. Die Voortrekkers het met tyd in kontak gekom met swart stamme wat hulle voorgestel het aan pap. Snaaks genoeg, mense van die Kaap verkies eerder ‘n braai broodjie saam met hulle vleis en die klomp van die Natal, Transvaal en die Vrystaat eet pap saam met hulle braaivleis. So het pap ‘n tradisie geword wanneer daar gebraai word. Omdat die Voortrekkers nie baie potte en panne kon vervoer nie moes baie van hulle maaltye in een pot gaar gemaak word, wat vandag ook bekend staan as “potjiekos”.

Die tannies het ook beskuit en brood gebak wat so eie is aan die Afrikaanse tradisie. Die vleis het hulle ook gedroog en gesout om langer te hou op die pad en siedaar, vandag het ons biltong. Die Voortrekkers het in die Transvaal en Vrystaat weer begin boer en het saam met hulle reeds nuwe tradisionele kos die kos wat in die Kaap geëet word gemaak.

Heelwat later het die Britse en Indiërs Suid-Afrika toe gekom. In 1820 het die eerste Britse setlaars in Suid-Afrika aangekom en die Engelse kookkuns oorgebring. In die middel 1800’s het die suikerriet plantasies in Natal begin. Indiërs was ingevoer as slawe om op die plantasies te werk en die liefde wat hulle het vir warm en kerrie kosse oorgebring wat nou deel maak van ons daaglikse kookkuns.

Soos jy kan sien, Suid-Afrika het ‘n ryk erfenis van kulinêre gebruike en resepte wat van diverse oorspronge afkomstig is.