Die Psigiese verhouding tussen hond en mens.

UntitledHonde (Canis lupus familiaris) is vierpotige soogdiere, naverwant aan wolwe. Verskeie rasse is geteel vir ‘n verskeidenheid eienskappe; aanvanklik veral vir jagdoeleindes. Honde is die vroegste diere in mensgeskiedenis wat makgemaak is en is die mees gebruikte troeteldier, jagter en werkdier in die wêreld. In 2001 was daar ongeveer 400 miljoen honde in die wêreld. Honde is ongeveer 14 000 jaar gelede mak gemaak. Dit is ook moontlik

Meeste honderasse is nie veel ouer as ‘n honderd jaar nie, aangesien hulle kunsmatig geteel word vir spesifieke biologiese eienskappe en gedrag. As gevolg van kunsmatige en selektiewe teling, is daar vandag honderde verskillende tipes honderasse, wat meer diverse biologiese- en gedragseienskappe vertoon as enige ander soogdier op aarde.

Die verhouding tussen hond en mens is hoogs psigies. Die mens het behoefte aan aandag, en partykeer doen menslike net nie dieselfde nie. Honde is nie soos die mens wat ou gevoelens en wrokke teen jou hou nie. Raas nou met jou hond en oor vyf minute sit woef weer heel tevrede met wapperende stert reg by jou voet. Jou troetel-maat bly getrou al gebeur wat – dit is innig deel van hulle instink. Die mens tenoor sy mede is weer glad nie so nie. Die mens se houding tenoor ‘n ander verander soos wat die ‘wind van opgeweegde motiewe in die hart van verstand’ dit laat sin maak om te verander soos ‘n uitruil transaksie van oog vir oog en tand vir tand. Dit maak vir die mens psigies sin, enige iets anders is so teen die menslike natuur.

Honde het die bomenslike vermoë om die gesigsuitdrukkings op die menslike gesig te lees asook so deur die bedoeling van die hart te ontsyfer – en dit sonder dat jy ‘n woord hoef te sê nie. ‘n Hond is juis die gepaste vriend vir ‘n mens. Die mens het met honde geteel met hierdie bedoeling in gedagte. Honde vervul die gaping waar die menslike sintuie nie kan bykom nie soos met blindes wat deur honde gelei word en ook deur die wat honde gebruik vir sekuriteit – dit is omdat hulle sintuie skerper en baie meer fyn ingestel is as die mens sin.

Honde kan oor 250 opdragte aanleer. Honde het ‘n gespesialiseerde intelligensie wat regtig indrukwekkend is. Honde kan tot kanker in mense uitruik voordat mediese dokters dit kan opspoor.

Honde tel die mens se innerlike bedoeling op deur die uitdrukking van gebare in die menslike liggaam. Dit is besonders dat honde en die mens oor geskiedenis mekaar ingevul het sodat altwee daaruit voordeel trek.

Honde het die mees gevorderde gebaarlike opnemende intelligensie van al die diere. Hulle verstaan gebaar-taal sonder enige opleiding – dit is so deel van hulle genetiese instinkte. Hulle sê dat ‘n hond die mens se beste vriend is – dit kom voor in sy gevorderde sintuie om die mens psigies te verstaan net deur die lees van gebare, wat die mens nie met mekaar regtig kan doen nie, doen honde deur die insluiting van die onderbewussyn met die bewussyn.