DIE REDAKTEUR SKRYF

Die haelskade aan die begin van die jaar was baie swaar. Ontsettend baie boere het hulle oeste verloor, die droogte het ook veroorsaak dat baie veeboere hulle vee ook verloor het en saaiboere hul oeste. Die verlies was en is nogsteeds hewig. Die verbruiker het ook onder prysverhogings gely.

Maar dit is noodsaaklik dat elke boer aan plaas- en besigheidsversekering dink vir die nodige veiligheid van hulle gesinne en inkomste. ‘n Boer moet vooruit kan beplan en so deur onnodige moeilikheid af te weer.

‘n Boer, en veral ‘n Blink Boer maak ‘n plan. ‘n Mens moet beplan vir die ergste maar hoop vir die beste. Die Royal Geographic Society in London, Groot Brittanje het ‘n kommerwekkende uitspraak gemaak. Dit is dat hierdie jaar die warmste jaar ooit geregistreer was. Dit verduidelik en bevestig die klimaatsverandering, tot hier in ons plaaslike geweste van Madibeng, Brits.

En tog is dit nie slegte nuus vir ons boere nie, maar inteendeel goeie nuus want die klimaatsverandering beteken dat ons nou ook warm weer groente en vrugte kan plant en oes hier in Noord-Wes. Dit maak die deur oop vir nuwe geleenthede vir ons boere.

Dit is ‘n opwindende tyd. Met klimaatsverandering kom daar moontlikhede wat ons voorheen nooit sou gehad het nie. Ons boeregemeenskap moet daarvan gebruik maak om volhoubaarheid te verseker.

Ons fokus ook in hierdie uitgawe op die belangrikheid van groente- en vrugtevoedingswaarde. Ons kyk na gesond eet, ‘n gesonde leefstyl, en eenvoudig gesond wees. Daar is geen beter manier om die nuwe jaar te begin as met gesonde eetgewoontes nie. Verras vroulief met heerlike aarbeie en room vir nagereg op Valentynsdag…