Die reinigende en anti-oksidantiese eienskappe van lemoene

Orange-and-almond-srping-cake-hero-58d07750-0952-47eb-bc41-a1ef9b81c01a-0-472x310

Lemoene is propvol vitamiene C en is geken daarvoor om siektes soos verkoue en griep weg te hou. Dit is ook anti-oksidante wat gifstowwe uit jou liggaam verwyder. Ons lesers sal dit vreemd vind om dit te hoor, maar met genoeg lemoen sap in jou sisteem kan dit die sterkste en gevaarlikste chemiese stowwe soos dwelmsofenigeandertipevreemde onderwerpe in jou bloedstroom reinigtotso‘nmatedatgeendwelm toetser dit sal kan optel nie.

Die reinigende krag van lemoene word dikwels onderskat. As dit by ‘detox’ of tot by ‘rehab’ kom is lemoene boaan die lys. Die lemoen is die vrug van die sitrusspesie Citrus × sinensis in die familie Rutaceae. Die vrug van die Citrus sinensis word beskou as ‘n soet lemoen, terwyl die vrugte van die Citrus aurantium beskou word as ‘n bitter lemoen. Die lemoen is ‘n kruising, moontlik tussen pomelo (Citrus maxima) en mandaryne (Citrus reticulata), wat reeds sedert antieke tye verbou word. Waarskynlik van oorsprong in Suidoos-Asië, is lemoene reeds so lank gelede as 2500 v.C. in Sjina verbou. Sitrus en lemoene is versprei na Europa en die Span- jaardehetweerlemoenenadie Amerikaanse vasteland geneem teendiemiddelvandie1500’s.

Lemoenbome is sedert 1987 die mees aangeplante vrugteboom ter wêreld. Lemoenbome groei wyd in tropiese en subtropiese klimaat en is gesog vir hul soet vrugte. Die vrug van die lemoenboom kan vars geëet word, of verwerk word vir sap of selfs sy geurige skil. Lemoene is tans verantwoordelik vir ongeveer 70% van sitrusproduksie en in 2013 is meer as 71 miljoen ton lemoene wêreldwyd geproduseer. Lemoene is besonder volop in Brasilië en die Amerikaanse state van Kalifornië en Florida.

Lemoene se smaak kan wissel van soet tot suur en word gewoonlik geskil en vars geëet of uitgedruk vir die sap. Die dik, bitter skil word gewoonlik weggegooi, maar kan tot veevoer verwerk word deur uitdroging, met behulp van druk enhitte.Ditwordookgebruikin sekere resepte as ‘n voedselaroma ofgarnering.Die buitenste laag van die skil kan fyn gerasper word. Gerasperde skil is gewild in die kookkuns, want dit bevat oliekliere en het ‘n sterk geur soortgelyk aan dié van lemoen- vlees. Die wit deel van die skil, insluitende die pit, is ‘n bron van pektien en het byna dieselfde hoeveelheid vitamien C as die vlees. Alhoewel dit nie so sappig of so lekker smaak as die vlees nie, is lemoenskille eetbaar en het ‘n hoër inhoud van vitamien C en meer vesel.

Veral in omgewings waar hulpbronne skaars is, en maksimum voedingswaarde
dus verkry moet word met die minimum generering van afval, byvoorbeeld op ‘n duikboot, word lemoenskille gereeld verbruik. Omdat groot konsentrasies van plaagdoders gewoonlik in lemoenskil voorkom,word aanbeveel dat slegs organies gekweekte lemoene, waar chemiese plaagdoders en onkruiddoders nie gebruik is nie, geëet word. So, volgende keer as jy teveel gedrink of ongesonde kossoorte geëet het, probeer gerus ‘n drie- dag lemoen dieet. Jy hoort daarna weer ‘tops’ te wees – en veels gesonder!