Die Sielkunde Agter Alkohol Genaamd ‘Dutch Courage’

BB-29 pdfAs dit by manne moed kom en meneer daardie aantreklike dame wil benader dan is die eerste ontsnapping voor die groot daad ‘n sterk skop dop – dis feite! Maar bly liewers by bier, die hardehout sal kan net meer veroorsaak dat jy oor jou lippe nog verder trippel, en dit is nou vir jou ‘n naamplank.


Omdat ons boere daarvoor bekend is dat ons sterk drank kan goed hanteer kom die Engelse gesegde van ‘Dutch courage.’ Die mens is geneig om ontvlugting te soek in geskepte omstandighede waarin die mens hom eintlik nie wil bevind nie, maar is gedwonge om ‘deur die doring’ bos te trek. Dit is wanneer die mens terselfdertyd die brug wil oorkom maar op dieselfde tyd nie regtig bewus wil wees van wat hulle doen nie. Dit is oorlewing en ontvlugting tegelyk.
Die afskeiding van die oorlewings- hormoon naamlik adrenalien is eintlik die sielkundige boodskap wat jou brein afskei in ‘n omstandighede waarin jy moet vlug of veg. Die invloed van alkohol verspoed en vermeerder die impak en uitwerking van hierdie liggaamlike reaksie. Daar is wel ook ‘n geskiedenis agter die ‘Dutch courage’ sê ding.

Die gewilde storie dateer die etimologie van die woord in Engelse soldate wat geveg het in die Dertigjarige Oorlog. Een weergawe is ‘n Nederlandse mite dat jenewer gebruik was deur Engelse soldate vir die drank se verwarmings- eienskappe op die liggaam in koue weer en die kalmerende uitwerking voor die groot geveg. ‘n Ander weergawe sê dat Engelse soldate opgemerk het dat die dapperheids-effekte van jenever op Nederlandse soldate ‘n veglustige resultaat getoon het en toe doop hulle die drankie met die naam “Nederlandse moed” m.a.w. ‘Dutch courage.” Jenever het voort gegaan om gewild te word in Engeland te danke aan Koning Willem III, wat ook ‘Stadtbewaarder’ van Nederland genoem was, maar is meer bekend as Willem van Oranje (1650-1702).
En mense is ook geneig om iets te vier met ‘n drankie wanneer hulle presteer of iets bekom het. Dit word ook as ‘n beloning gesien na ‘n lang harde dag van uitputtende werk. Die sielkunde agter die gebruik van alkohol is tog om te ontvlug van realiteit. Dit het te doen met die menslike begeerte om die werklikheid wat net eenvoudig te werklik is te versag binne die gemoedstoestand van die bewussyn. Dit ruil sekere elemente van die bewussyn met die verborge indringende uitbalansering van die onderbewussyn.
Alkohol neem jou bewussyn en integreer dit in die onbewuste.

Dit is ‘n isoleringsmeganisme en ook ‘n oorlewingsmeganisme wat die mens se bewustheid gebruik om ‘n omstandighede te laat minder erger blyk sodat jy dit met moed en vreesloos kan oorkom of deurmaak. So, as dit kom by alkohol en ‘Dutch courage,’ is dit die beste benadering om jou skaamte saam met jou trots in jou sak te steek en net daardie gekose dame uit te vra, miskien met ‘n bier of twee agter die blad – moet dit net nie oor doen nie – jy hoort redelik heel anderkant uit te kom.