Die skoonheid van blomme en die rol wat bye daarin speel

Bee-and-Flower

Kan jy jou ’n wêreld sonder blomme of bome voorstel? Bye bes- tuif blomme en bestuifde blomme maak sade. En baie soorte sade bevat ’n vlesige omhulsel wat ons ’n vrug noem. Sê dus baie dankie vir die by!

Het jy geweet dat blomme sekere kleure en reuke afgee om bye en ander insekte aan te trek sodat bestuiwing plaas kan vind deur die stuifmeel wat bye gebruik vir hulle bestaan? Die skoonheid en mooiheid van ‘n blom bepaal dus of daar bestuiwing en voortplanting vir elke spesifieke plant plaasvind. In sy breë betekenis is die heuningby enige insek van die familie Apidae, orde Hymenoptera, en sluit dit alle bye in wat heuning vervaar- dig. In die enger sin het dit egter net betrekking op vier lede van die geslag Apis, maar gewoonlik word dit tot die gewone heuningby, Apis mellifera, beperk. Die ander Apisspesies kom slegs in Asië voor, en sluit gonsende “dwergies” en “reuse” onder die bye in. Daar is ook ’n aantal variante en subspesies, of rasse, van die Apis-spesies. Benewens heuningbye het ons hier in Suid-Afrika ook ander interessante byesoorte wat klein, primitiewe kolonies vorm, soos die angellose klein mokka- en mopaniebye. Nog ander is volslae alleenlopers. Een voorbeeld is die houtkapperbye, wat hul neste in stompe en pale maak. Ons gewone heuningby het, soos alle insekte, ses pote, ’n drieledige lyf (kop, toraks en agterlyf) en ’n harde buiteskelet.

Die werkerheuningby is ’n rapsie langer as een sentimeter, hoewel die groottes van verskillende variante van hierdie spesie wissel. Die kop en toraks (bors) is iewat stekelrig en verskil in kleur na gelang van die variant. Daar is twee groot saamgestelde
oë en drie enkelvoudige oë, wat besonder goed kan sien, asook twee sensitiewe voelhorings wat reuke waarneem. Heuningbye woon saam in byeneste of byekorwe. Hulle kan met ’n snelheid van nagenoeg 25 km/h vlieg en verorber nektar (’n soet vloeistof in blomme) wat hulle in heuning omskakel. In die proses waarin van blom tot blom gevlieg word, versamel die stuifmeel van baie plante in die stuifmeelmandjies (holtetjies) aan die by se agterpote en word stuifmeel ook versprei waardeur plante bestuif word. Biotiese bestuiwing, met die hulp van diere, is meer algemeen. Die diere dra die stuifmeelkorrels van die helmknop na die stamper. Plante lok gewoonlik sekere insekte of diere om as bestuiwers op te tree. Daar is sowat 200 000 soorte dierebestuiwers in die natuur, waar- van die meeste insekte is.

Entomofilie en bestuiwing deur insekte, vind gewoonlik plaas by blomme wat kleurryke kroonblare en sterk reuke het om die insekte soos bye, perdebye en soms miere, motte en skoenlappers te lok. In soöfilie is die bestuiwers werweldiere soos voëls en vlermuise. Plante wat deur motte en vlermuise bestuif word, het gewoonlik wit kroonblare en ’n sterk geur. Waar voëls die bestuiwers is, het blomme dikwels rooi kroonblare en geen sterk geur nie; min voëls maak op ’n reuksintuig staat om kos te vind. So volgende keer as jy ‘n by sien, in plaas daarvan om die arme ding te wil dood maak uit vrees om gesteek te word, onthou dat elke by die bestaan van byna elke blom spesie verseker.