Die Stoetboerdery tot Wereldbekende Beeldhouerkunstenaar en Terug

sculpterKobus Hattingh word onder die edeles geken as ‘n beroemde beeldhouerkunstenaar, dit sluit in standbeelde en monumente, tot kleiner beelde en trofeë. Hierdié Blink Boer het oorspronklik begin met beeldhouwerk in die boerebedryf.

Van boer- en plaas- naamborde tot diersoorte wat die regte ding uitbeeld soos wat min dit seker sou kon doen. Skape, beeste, borane, varke, olifante, renosters en vele meer. Wat hierdié verhaal nog meer laat uitblink is dat Kobus oorspronklik uit die lendene van stoetboere kom en selfs een was. Sy eerste passie en beroep was oorspronklik boerdery. Kobus vertel ons ook hoe hy sy beeldwerk al by stoet veilings uitgestal het en dat die standbeelde soveel aandag getrek het dat die afslaer die skare aangespreek het en die standbeelde toe bedek moes word.


Dit bewys deur en deur dat Kobus se beeldwerk asemrowend meer aandag getrek het as die regte diere vanself! Kobus is ook ‘n direkte afstammeling van die Voortrekkers Barnards wat blykbaar Barnardsvlei gevestig het en geleë is in Mooinooi. Maar daar is ‘n kinkel in hierdie kabel wat hak in slaan betref.

Hulle woon al 50 jaar op dieselfde grond soos vir hulle gelaat deur erfgename, en is al 50 jaar getroud met twee seuns en een dogter naamlik Hannelie wat deel van hulle beeld bou besigheid is. Om terug te kom na die beeldhouwerk, Kobus het verskeie monumente met tot stand gebring, van Eugène Terre’Blanche tot Nelson Mandela, en is al gevra om Robert Mugabe se beeld op se rig.

Hy was ook al agt keer in Mandela se huis en het so met ons voormalige president kennis gemaak. Terselfdertyd het Kobus byna al vir elke stoetvereniging beelde en trofeë verskaf. Onder andere het Kobus ook die volgende monumente en standbeelde tot stand gebring:
Die Hector Pieterson; Koning Molethegi van die Royal Bafokeng stam; vorige president van Mosambiek Samora Machel, Mines Rescue van Carletonville; Frik Du Preez” (rugbyspeler van die eeu); Callie Knoetze (Boks); Bob Mabena (Tv2); Manie Maritz (voormalige wêreldkampioen stoeier); SA Wêreldbeker Kampioene 1995; Bafana Bafana en Springbokspan – Clive Barker, Neil Tovey, Erick Tinkler, Mark Fish, Naas Botha, Gavin Johnson. Nog andere sluit in monumente te Hoopstad, Kroonstad, Gobabis en vele meer.

electrical

“Ons beplan om weer te begin met die boerdery en veral stoetboerdery,” vertel Kobus. “Ek is nie eintlik iemand wat regtig van die glanslig hou nie,” erken Kobus ook eerlik. “Ek noem dit sommer bolletjies rol,” lag sy vrou ewe agterna. Kobus moedig diegene wat in die boerebedryf wil naam maak om ook aan om nie impulsief te wees nie maar om liewers die mark dop te hou en te bepaal waar daar regtig aanvraag vir ‘n gekose produk is. “Jong mense moet ‘n berekende besluit neem,” sluit Kobus af.