Die wonder – Moringa – Boom: ‘n Atoombom super – voedsel.

 10pcs-a-lot-rare-font-b-seed-b-font-font-b-Moringa-b-font-font-bDr Mercola inspireer en lig ons in oor die wonder van die Moringa-boom. Die Moringa-boom is ‘n super-voedsel. Laat ons van die staanspoor af besef waarmee ons te doen het: Moringa bevat 9 keer die proteïene van jogurt; 10 keer die vitamiene A van wortels; 15 keer die kalium van piesangs; 17 keer die kalsium van melk; 12 keer die vitamiene C van lemoene; en ‘n uitstekende 25 keer die yster van spinasie. Hierdie superkos is letterlik ‘n voedings atoombom.

Moringa oleifera is die vinnigste groeiende boom bekend in Suid Asië. Die boom word ook nou orals in tropiese areas gevind. Die Moringa-boom se blare is vir eeue as ‘n voorkomings- en geneesingsmiddel vir sowat oor die 300 diagnoseerbare siektes.

Die Ayurvedische stelsel van geneeskunde stel die belang van hierdie boom hoog op die prio- riteitslys van natuurlike medisyne. Die Moringa-boom wat baie keer na verwys word as die ‘wonderwerk boom,’ of andersins as die ‘peperwortel boom’ het klein ronde blare wat vol voedingswaarde gepak is. Dit is geen wonder dat die boom vir oor die 4 000 jaar medisinaal en as super-voeding gebruik word.

Die Moringa-boom groei ook maklik en is so deur ideaal vir verarmde areas vir voedingswaarde. Lande soos Malawi, Senegal en Indië word daardeur be- voordeel. In sulke areas is die Moringa plant met die meeste voedingswaarde beskikbaar. Dit kan ook enige tyd deur die jaar geoes word. Die spesifieke plant is ook propvol anti-oksidante, dit bevat ook polifenole wat verantwoordelik is vir die beskerming van jou lewer en ander nodige organe.

Die Asian Pacific Journal of Cancer Prevention keur ook die plant goed en wys die boom aan vir as ‘n middel om te ‘detox’ soos ons sal sê. ‘n Verdere studie het ook getoon dat vrouens wat 1,5 teelepels Moringa blaar- poeier in die oggend gedrink het vir drie maande se anti-oksidant vlakke in hul bloed aansienlik verhoog het. Die gebruik van Moringa verlaag ook suiker vlakke in die bloed wat dit ‘n gepaste aanvulling vir diabete maak.

‘n Navorsingsstudie het tot bevind dat om Moringa deel van jou etes te maak kan die verhoging van suiker in die bloed tot en met 21% verlaag.

Die plant se blare het ook ‘n sterk anti-inflamatoriese effek en kan ontste- king voorkom en beveg, het die Epoch Times bevestig. Dit word ook gebruik om ‘n maagsweer gesond te maak wat nie gesond word met gewone medisyne nie.

Die Moringa-boom verseker ook gesonde cholesterol vlakke aangesien die Journal of Ethnopharmacology die plant aan- haal as ‘n middel wat cholesterol verge- lykbaar verlaag soos simvastatin wat vir hoërbloeddruk gewoonlik voorgeskryf word deur mediese dokters. Die plant help ook om ‘n ooraktiewe skildklier te reguleer en kan tot die Herpes simplex virus uitwis met genoeg toediening van Moringa. Die plant kan verder ook gebruik word tot om jou te beskerm teen arseen vergiftiging.

As iemand arseen in- gekry het sal so min as 500 mg Moringa saad poeier die opneming in jou liggaam verminder met 55% in jou bloed, 65% in jou lewer, 54% in jou niere, en 34% in jou brein. Altesaam kom dit daarop neer dat Moringa jou lewe kan wel red van vergiftiging.

Van ‘n spysverterings standpunt is Moringa veselryk en suiwer jou derms, wat dan ook bydra tot ‘n meer gesonde leefstyl. Die blare word ook gebruik om water te suiwer want die blare skei die bakterieë van die waterstof en is dan meer drinkbaar. En dit is die wonder van Moringa – daar word tot beweer dat al vat jy net ‘n klein hoeveelheid daarvan is dit meer as genoeg as ‘n supplement om jou vir die hele dag te voed – blykbaar hoef jy dan nie eers te eet nie – jou lig- gaam het reeds alles wat dit nodig het. So, maak nie saak watter kwaal of vita- miene tekort jy het, al is dit net vir daar- die ekstra woema vir die dag, Moringa in sy blaar of poeier vorm het alles wat jy daagliks nodig het om jou gesond en be- voed te hou, asook om jou liggaamlik in staat te stel om met optimale potensiaal die dag aan te pak. Probeer dit gerus!