Dik- dik. die kleinste boksoort?

Dik- dik. die kleinste boksoort?

Wanneer ons oor die natuur praat is dit altyd interessant om menings te hoor van kundiges en mense wat dink dat hulle kundig is. Feit is dat almal entoesiasties is en menings vloei vrylik. Die natuur bly maar altyd ‘n opwindende tema in enige gesprek. Vra die vraag oor die kleinste boksoort in ons land en die gesprek is onmiddellik aan die gang. Vier mense opper vier menings en almal probeer hulle mening staaf deur feite wat moeilik naslaanbaar is. By Blink Boer het ons nie menings nie – daarvoor is ons lesers daar. Die dik-dik is ‘n vreeslike oulike bokkie en ons het hom bietjie van nader gaan bekyk. Is dit die kleinste bokkie in ons land? Oordeel maar self!

DIK-DIK se naam ontstaan van sy alarm geluid

Wanneer hierdie bokkie skrik, hardloop hulle in ‘n ‘zig-zag’ patroon teen ‘n spoed van maklik 40 km/uur en fluit deur hulle neuse ‘n geluid wat nes ‘dik-dik’ klink. Hierdie waarskuwing is nie net op ander dik-dikkies gemik nie, maar ook op ander groter diere van moontlike gevaar. Die diertjie se wetenskaplike naam is,Madoqua kirkii, wat minder maklik is om uit te spreek.

die ITALIAaNse POPGROeP, DIK DIK, IS Nie verwant

Hierdie groep het in 1966 ‘n reuse treffer gehad met die lied “California Dreamin’.” As hulle met daardie lied op die grasvelde van Afrika moes lostrek, sou geen dik-dik vir honderde kilometers te siene gewees het nie

n DIK-DIK IS WAARSKYNLIK KLEINER AS ONS NORMALE HOND

Hierdie klein bokkie kom in Oos- en Suider Afrika voor en kan ‘n perfekte woonstel troeteldier wees. ‘n Volwasse bokkie word tot by die skouers so lank soos ‘n normale liniaal en weeg sowat 2 tot 4 kilogram. Dit word sterk bevraagteken of hy geleer kan word om ‘n bal te jaag!

hulle grootte maak hulle kwesbaar vir verskeie vyande

Die meeste van die dik-dik se vyande is die normale verdagtes: luiperds, jagluiperds en jakkalse. Maar sy grootste vyand is die mens wat hom jag vir die vel. Van die vel word handskoene gemaak en die diertjie is so klein dat die vel net een handskoen kan oplewer. Mens kan maar net in ongeloof hierna luister.

STeeds is hy nie die kleinste boksoort nie

Hierdie eer behoort aan die Mirko Raner ‘n haas-grootte bok wat in Wes Afrika voorkom. Hy word sowat 10 duim hoog en weeg in die orde van 2 kilogram. Soos ons in Suid Afrika bekend is met die Groot Vyf, bestaan daar ook die ‘Klein Ses’ wat bestaan uit die klipspringer, suni, grys duiker, steenbok, grysbok en oribi. Dit is interessant dat die dik-dik nie in hierdie groep val nie.

DIK-DIK lewe as pare, nie in troppe

Die meeste boksoorte leef in troppe omdat hulle glo die krag lê in getalle. Dit is nie die geval met die dik-dik nie. Sodra die ‘huwelik’ plaasvind, leef hulle in pare en so ‘n ‘huwelik’ duur omtrent 4 jaar in die natuur. Wanneer hulle babas omtrent sewe maande oud is, word hulle uit die huis en die omgewing geskop. Normaalweg gebeur dit omdat ‘n nuwe aankomeling oppad is.

maklik om rammetjies en ooitjies te onderskei

In ‘n paar is dit maklik om die rammetjie van die ooitjie te onderskei. Sy is gewoonlik ‘n rapsie groter as hy en die rammetjie het klein gekartelde horings.

5 thoughts on “Dik- dik. die kleinste boksoort?

  1. Awesome issues here. I’m very satisfied to look your article.
    Thank you a lot and I’m taking a look forward to contact
    you. Will you please drop me a mail?

  2. May I simply just say what a relief to discover a person that
    actually knows what they are talking about on the net.

    You actually understand how to bring an issue
    to light and make it important. More and more
    people should look at this and understand this side of your
    story. It’s surprising you aren’t more popular because you certainly possess the gift.

Comments are closed.