Duiweresies en teling – ‘n gesofistikeerde sport van ouds

EllenByJoeyConcepcionP1060631

Wat die teling van resiesduiwe behels word daar gewag tot die duiwe so paar maande oud is. Daar word ook gewag totdat daar eers twee eiers gelê is en die broei tydperk is 17 dae. Duiwe wat reeds resieskampioene is word saamgestel om te teel sodat dit die eienaars beter kanse beloof met betrekking tot kompetisie. Dit het oor die jare gelei tot die ontstaan van resiesduiwe wat oor 1 600km heen en terug kan vlieg teen ‘n spoed van 130km/h. Die henne is in staatom12eiers‘njaartelê,diekuikens verlaat nes gewoonlik wanneer hulle so drie tot vier weke oud is.

Die gevare van hiérdie sport draai om die feit dat die resies in die lug plaasvind en dit stel die duiwe oop vir aanvalle deur roofvoëls. Dit het veroorsaak dat baie mense wat deelneem in hierdie sport roofdiere soos valke doodmaak om dit te probeer verhoed. Die grootste gevaar is gewoonlik krag drade en televisie antenna’s waarin die voëls geneig is om in vas te vlieg. Una Germishuys van Pretoria wat graag die Blink Boer het die volgende onder ons aandag gebring; “Ons sukkel met ‘n laksman wat ons duiwe uitmoor, ons het al baie trane gestort, wat kan ‘n mens doen om so laksman weg te hou?” ‘n Voëlverskrikker hoort die ding te doen. Anderste sal ‘n mens ‘n ander voel moet aanhou so die kwêvoël wat vir die duiwe skadeloos is maar wat wel die laksman weghou. Die laaste poging as dit nie werk nie is om die laksman eenvoudig te skiet aangesien dit net een is en die duiwe baie meer in getal uitmaak.

“Daar is weekliks baie trane wat gestort word as gevolg van baie van my duiwe wat verslind word,” erken Germishuys. Suid-Afrika is die tuiste van die rykste eenhok duiweresies in die wêreld genaamd die Miljoen Dollar Duiweresie. Dit behels ‘n kompetisie waar 4 300 duiwe van 25 lande teen mekaar kompeteer vir R1.3 miljoen. Opvolgers staan die kans om luukse motors en minder geld te wen.Die algehele wenner kan verwag om $200 000 in die sak te steek. In die Sun City duiweresie kompetisie word duiwe 550km buite die veld losgelaat en verwag om terug te vlieg na ‘n eenheid hokke toe. Hiérdie sport is inderdaad ‘n stokperdjie wat veel in die sak kan bring, maar voor ‘n mens op gesofistikeerde vlakke kan kompeteer gaan dit jou nog veel uit die sak uit jaag. As ‘n stokperdjie isditbaieopwindend,as‘nsportbly dit maar die ryk man se speelding! Duiweresies is ‘n sport wat se oorkoms van ouds ontstaan het. Duiwe is ook dieoudste makgemaaktevoëlwat bestaan. Hulle was oorspronklik gebruik om boodskappe aan te dra, veral in die weermag.

Duiweresies het ook eers in België begin in die midde 19de eeu. Duiweresies as ‘n sport het eintlik ontstaan uit die loslating van duiwe wat spesiaal opgelei was om heen te vlieg en dan oor ‘n sekere tydperk terug te vlieg. Dit is ‘n sport wat beoordeel word teen tyd. Die distansie en afstand word gemeet teen die tyd wat elke duif vat om ‘n reis te voltooi.

Die opleiding van hiérdie duiwe bestaan daaruit om hulle van kleins af te leer om eers gewoond te raak aan hulle nes of hok area. Van daar af word hulle toegelaat om tussen die nes of hok die tuin te kan geniet en weer terug te kom. En dan van daar af, vlieg hulle kort afstande tussen hulle nes en ander dele in die area – die duiwe word dus geleidelik geleer om verdere afstande te vlieg en dan so gou moontlik terug te vlieg huis toe. Die behoefte om te teël word ook gebruik deur die wat hulle oplei om hulle aan te hits om vinnig by hulle bestemming uit te kom. Tegnologie het ook duiweresies tot heeltemal
‘n ander vlak geneem; GPS word ook gebruik deur diegene wat hierdie tipe toestel kan bekostig en wat baie ernstig is oor die sport.

7 thoughts on “Duiweresies en teling – ‘n gesofistikeerde sport van ouds

  1. Uiters swak artikel oor die sport, baie onwaarhede.
    Vind eerder ordentlike bronne van informasie voordat julle weer probeer skryf oor wedvlug duiwe.

  2. Wil net weet… heen en terug? hoe weet die duiwe waar om om te draai?? Is dit n dom vraag?

    1. Dis nie ‘n dom vraag nie, net ‘n baie oningeligte artikel deur iemand wat swak informasie bronne gehad het. Duiwe vlieg een rigting …. huis toe.

      1. Leon, die artikel kort dalk wel bietjie meer inligting, maar dit is nie nodig om sulke afkrakende kommentaar te lewer nie. Wat Ina graag wil weet is hoe die duiwe weet hoe om by hulle huis uit te kom. Baie navorsing het gewys dat die magnetiese velde van die aarde die duiwe help om hulle bestemmings te kry. Die duiwe is wel geleer dat hulle moet “huis” toe vlieg soos wat Leon gesê het. Glo dit of nie maar duiwe kan ook landmerke, bakens en paaie gebruik om hulle terug te help huis toe aangesien hulle dit kan uitken. Dankie aan Blink Boer vir elke maand se lees genot!

Comments are closed.