Eerlike media dekking oor die toestand van landbou in Madibeng

verkenners_genocide_protest_england_03

Landbou in Madibeng word heeltemal te min gedek in die media. Daar is altyd waarhede wat nagelaat word om nie die publiek in ‘n gemoedstoestand van moedeloosheid en paniek te laat nie. Die waarheid is nie aangenaam nie, maar om krities en met oplossings in gedagte moet ‘n mens jou emosies een kant sit, die koue waarheid in die gesig staar en instinktief dit oorbrug.

Die getalle van plaasboere wat vermoor word met hulle gesinne of wat oorleef met lewenslange verminking is hartbrekend. Hiérdie is die mense wat sorg dat daar ‘n brood beskikbaar is om op jou tafel te sit. Dit is die boer wat seker maak dat daar vleis is om te braai oor daardie gesogte rugby naweke. Dit is die boeregemeenskap wat daardie tamatie wat die slaai tog slaai maak op die einde van die dag moontlik maak. Sonder hulle sal produkte soos ontbyt pap of tot gewone mieliepap nie daar wees nie. Met al hierdie voordele wat ons het in ons dierbare boere, word hulle daagliks vermoor, of om meer akkuraat te wees, uitgeroei en uitgewis word asof hulle een of ander onvergeeflike sonde gepleeg het.

Ja, ‘n mens kan blyk dat dit polities gedrewe is, en tegelyk dat dit gedrewe word deur onwettige immigrantegesin armoede. Maar, plaasmoorde was nog altyd ‘n probleem voordat ons grense oopge- maak was vir immigrante van Afrika. Ons eie populasie het al destyds begin om die plaasboere uit te vermoor. Landbou in Suid-Afrika het ‘n gevaarlike bedryf geword. Al hoe meer plaasboere immigreer land uit om vir die buiteland te boer.

Ons het al die bordjies langs die pad gesien ‘every time you eat your vegetables, thank the farmer.’ Ons kan dit maklik met sarkasme vertolk ‘every time you eat your vegetable kill the farmer.’ Hard, skurf, genadeloos, maar tog so waar. Daar is tot bewerings dat elke keer wat ‘n polisie stasie ‘n oproep kry van ‘n plaas af, word dit soos ‘n muur ignoreer en dan weier hulle om te reageer. Daar is nie die nodige infrastruktuur om ons grense te bewaar en ons militêre magte word hoegenaamd nie belas met hierdie epidemie. Boere en hul gemeenskap staan al hoe meer saam teen plaasmoorde en die patrollies wat gery word deur die SAPS en gemeenskapslede is baie suksesvol ten opdigte van misdaadbekamping.

Diegene wat wel wettiglik wapens besit sal groepe moet stig met medeboere wat nie wapens besit nie en ‘n manier kry om te weet as iemand in nood is. As ‘n klomp gewapende boere op een slag op ‘n plaas aankom en reg staan om te veg vir die lewens van die wat onskuldig vermoor word, sal die misdadigers twee keer dink voor hulle ooit weer private eiendom betree. Dit was hoogtyd vir saamstry, saam werk, en saam staan.