Eet jouself gesond

imgres

Onthou – genetika speel, soos met meeste toestande, ‘n baie groot rol – en vroue met ‘n familie geskiedenis van borskanker moet ekstra aandag gee aan borsondersoek asook hulle dieet. Gereelde ondersoeke is belangrik en dan is daar 3 kosdinge wat kan help jou kans op borskanker te verminder.

Die eerste ding is iets wat jy nie hoef te doen nie. ‘n Dieet wat laag
is in vet en hoog is in vesel – soos wat so dikwels voorgestel word, blyk nie eintlik ‘n rol te speel om vroue te beskerm teen borskanker nie. Dit blyk ook dat enkel vitamiene en vita- mienepille ook nie eintlik van hulp is nie. Dus, dit gaan jou nie regtig help om te kyk na “hoë vesel” wanneer die vesel toegevoeg is nie. Hoë vesel ontbytgraan bevat dikwels steeds nie die onverfynde graan nie maar net baie toegevoegde ru-vesel. Lae vet gaan jou ook nie regtig help nie – dit is meer belangrik om te kyk na soort vet en gekontroleerde vet.

Die tweede ding oor kos en borskanker is kosse wat kan help om ons te beskerm. Die navorsing wys dat mense wie se dieet baie groente, vars vrugte asook voedsel wat kalsium en magnesium bevat (soos melk en neute) tog minder borskanker ontwik- kel. Dis goeie raad – want al is jou gene teen jou t.o.v. die borskanker
– gaan jy nog steeds jouself ‘n groot guns doen as jy baie groente en vrugte eet. Dit is so dat dit soms vir mense moeilik is om te weet hoe om genoeg te eet – en ‘n goeie beginpunt is om sommer jou dag te begin met ‘n vrugte skommel met vrugte, yogurt en neute – dan is jy sommer al klaar halfpad daar. Die derde ding is deelvan die groot probleem waarmee ons mo-derne mense sit – amper als wat ons eet is verwerk.

Ja – dit blyk dat een van die belangrik- ste aspekte wat ‘n invloed kan hê op borskanker, klaarblykblik verhoogde bloedsuikervlakke is. Bloedsuikerfluktuasie en ‘n dieet wat baie verfynde kosse en suiker bevat is pasmaats. Dit is skrikwek- kend! want in die wêreld waarin ons leef verg dit regtig moeite om onverfynde kosse te koop, te kook en te eet.

Dit is net soveel makliker en daar is soveel vinnige opsies beskik- baar – waarvan meeste ongelukkig verfynd is. Witbrood, beskuitjies, wit- meel pasta en die vinnige boks kitspap waarmee jy jou dag afskop – dit is alles verfynde kosse.

Stop die lorrie susters – dink bruin- rys, dink neute, dink hawermout wat 10 minute vat om te kook en eksperi- menteer met kos soos kekerertjies en bone patee en selfs gewone ou stronkmielies. Op hierdie maniere kry jy alreeds bietjie van die belang- rike nutriënte wat uitgewas word wanneer voedsel verfyn word, terug. Dit sal help om bloedsuikervlakke te stabiliseer. Dit sal weer help om jou gewig te help beheer en ook help om jou te beskerm teen borskanker.