Eksotiese wild – is wildspryse ‘n borrel wat gaan bars?

In ons omgewing is daar baie wildboere. Baie boer ook met eksotiese wild en dit is nogal ‘n interessante onderwerp wanneer die volhoubaarheid daarvan ter sprake kom. Baie menings – ten gunste of daarteen – is aan die orde van die dag.

Dr Philip Theunissen het baie interessante navorsing hieroor gedoen en het ‘n deurdringende studiestuk hieroor die lig laat sien. In die begin van sy verslag verwys hy na die wildveiling wat op Vrydag 13 Februarie 2015 in Rustenburg se omgewing gehou is waar byvoorbeeld R13 miljoen vir ‘n koningswildebeesbul en R9,5 miljoen vir ‘n rooi gemsbokbul betaal is, albei rekordpryse. Nog 25 diere is vir rekordpryse verkoop en die totale omset van die veiling was R266 miljoen gewees. Hoewel verskeie rekords op hierdie veiling oortref is, is voortdurend stygende pryse vir eksotiese wild ‘n algemene tendens oor ten minste die afgelope drie jaar.

2 thoughts on “Eksotiese wild – is wildspryse ‘n borrel wat gaan bars?

  1. I know this site gives quality depending articles and extra
    data, is there any other site which offers these kinds
    of stuff in quality?

Comments are closed.