Europeerse afkoms? – Verbrand bier beter

eurobierAs dit kom by hoe verskillende mense alkohol of spesifiek bier hanteer lê daar eintlik baie wetenskap daaragter. Party mense hanteer ‘n seker hoeveelheid alkohol beter as ander, ander kan weer glad nie drink nie want dit tas hulle gemoed en liggaam op so wyse aan dat dit vir hulle baie nadelig is. Daar word verwys na die mens se alkohol toleransie. Dit is hoe jou liggaam van nature aangepas is om alkohol in te neem en te verwerk.

Jou geskiedkundige afkoms het baie te doen met hoe jou sisteem bier spesifiek verwerk. Dit is ‘n feit dat mense bier in hulle spysverteringstelsel op verskillende maniere en teen ‘n afwisselende trand en spoed verbrand – en dit het alles te doen met jou afkoms en DNA. Jou bloed tipe kan ook ‘n invloed hê hoe jou jou liggaam reageer as dit met alkohol in jou bloed stroom in aanraking kom. Bloed tipe O is geken vir sy aanpassing tot proteïne en dus verwelkom ‘n hoë vitamine B inhoud. Met die vervolg, is bloed tipe O goed aangepas om alkohol te verdra en dit voordelig te gebruik en vinnig te verbrand.

Die ander bloed tipes verbrand alkohol teen ‘n meer vertraagde pas en verdrae eintlik die inname daarvan slegter en het meer van ‘n negatiewe uitwerking op die liggaam. Enige verwantskap met bloed tipe A verdrae oor die algemeen vreemde letsels in die bloed meer negatief as ander bloed tipes, daar word ook verwys na sulke letsels as ‘free radicles’ of die liggaamsgestel hanteer die ‘vreemde’ inhoud van alkohol op dieselfde wyse.

Die geheim lê daarin of jou afkoms Europees is. Oor duisende jare het die Europese nasie en ras deur die gebruik van bier hulle DNA letterlik verander. Europeërs het dus ‘n kenmerkende verwisseling aan hulle DNA merkers wat die inname en gebruik van alkohol beter toepas, en teen ‘n vinnige spoed dan verbrand. Veral diegene wat met die Germaans of Keltiese volke verwant is, want hierdie volk verwantskappe het oor die eeue heen deur die gebruik van bier liggaamlik positief tot sy effekte aangepas.

Dieselfde verskynsel word gevind met die Westerse Latynse volke. Om dit eenvoudig te hou, het dit te doen met die drink en eetgewoontes van jou voorouers wat dan ook jou liggaam deur oorerflike DNA so aangepas het dat jy of bier goed verbrand of nie.
Europeërs en diegene afkomstig van die Europese bloedlyn verbrand fier vinniger as ander volk tipes as gevolg van die veranderende en aanpassingsmeganisme van die menslike DNA. So met ander woorde hoe jy bier of alkohol verdra en verbrand het te doen met jou afkoms. As jou afkoms Europeërs is dan verbrand jy net eenvoudig bier beter en vinniger as ander. Dit is nou maar net vir eens deel van jou DNA en dit is ‘n goeie ding. Ons boere is tog van mengsel van Nederlandse, Germaanse en Franse afkoms oor die algemeen – so hiérdie teorie sluit ons juis in!
So, van ooreflike afkoms tot bloed tipes en jou persoonlike DNA – dit het alles te doen met of jy bier vinniger verbrand of nie – en as jy ‘n boer is (Afrikaans van bloed om spesifiek te wees) dan verbrand jy daai bier teen ‘n herrie se spoed. Dit is ‘n feit en baie interessant, maar dit is nog geen bemoediging om te veel bier te drink of alkohol oor die algemeen te misbruik nie. Matigheid voor oë asseblief liewe boeremense!