Familie Weerbaarheid en Oorlewings Kursusse Op Hul Beste By PASE

images

Ons almal word daagliks deur die media bewus gemaak van die misdade teen ons families. Baie van ons was al self teikens van misdaad. PASE het jare se kennis en algemene ondervinding vergestalt in ‘n paar praktiese kursusse wat daarop gemik is om families weerbaar te maak sodat hulle nie slagoffers van geweld hoef te wees nie.

Soos hulle naam aandui: Practical – Adaptive – Survival – Education, word fokus word gegee op die aanpasbaar- heid van gemiddelde persoon se oorlewingsvermoë in ‘n verander- like dorps en stedelike oorlewing, vanaf families in huise, tot voertuie en alleen bewegende persone word geleer hoe om hulself te beskerm in die geval van ‘n bedreiging. PASE sal jou touwys maak oor hoe jy moet maak tydens noodgevalle in jou motor, op straat en ook hoe om te reageer as jy jouself in ‘n noodgeval saam met ander mense betref. Of dit nou ‘n natuurlike noodgeval is en of dit ‘n ander persoon is wat jou lewe in gevaar stel. Geen spesiale kennis is nodig nie, dit word juis gedurende die kursusse d.m.v. ‘n groot motoriese opleidingsmodel aan kursusgangers oorgedra. Verder is daar spesiale dienste wat gelewer word aan plase wat geteikende wild het, deur van hulle Counter Poaching eenheid gebruik te maak. Hulle fokus is families, en daar is ook ‘n hele reeks halfdag veld uitstappies wat daarop gefokus is om ons kinders meer van die veld te leer terwyl hulle oorlewings opleiding ontvang. Hier word geleer hoe om na die sterre te kyk, om verskillende spesies voëls uit te ken, slange en reptiele, noodhulp toe te pas, die weer te kan identifiseer, bome te leer ken, sowel as soogdiere en goggas. Hulle het programme wat hulle aanbied vir as jy jou nuut geleerde talent op die proef wil stel. Gaan klim ‘n berg en gaan kamp op die strand of in die bos. PASE verskaf ook handgemaakte oorlewings messe, Cougar Taktiese klere, oorlewings sakke, Con-Tac kamoefleerdrag en ander kleiner bykomstighede.

Besoek vandag nog vir PASE om jouself gereed te maak vir enige ongevraagde situasie of as die avontuur gogga jou byt.