Gebruik eetbare blomme om jou kookkuns en tuin op te knap!

images

Kookkuns is iets wat kom met praktyk en ondervinding. Maar as jy nou regtig wil uitstaan sonder om teveel geld te spandeer aan ‘n dis, is eetbare blomme ideaal. Dit gee
kos smaak net soos ander kruie en dit laat jou dis nie net asemrowend smaak nie, maar dit maak die hele bord en dis kleurvol en dit lyk som- mer indrukwekkend verby! Eetbare blomme is ook baie gesond, net soos ander gewone kruie. En, dit gee die gevoel van ‘n bietjie iets anders as net die gewone ‘groen’ kruie wat hier en daar rond seis in tussen groente of klem aan gekookte vleis.

Tiemie het baie gesonde eien- skappe. Om mee te begin, dit verminder gasserigheid en verbeter sirkulasie wanneer dit by die dieet ingesluit word. Tiemie is ook antisep- ties – ook ‘n bestanddeel in komme- rsiële antiseptiese rome. Dit word by badwater gevoeg om die spiere te stimuleer, en stimuleer die witbloed- selle verder wat infeksie bestry. ‘n Warm infusie daarvan bestry ook hooikoors. Dit word ook in tande- pasta en mondspoelmiddels gebruik. Wat kos betref, gaan dit saam met beesvleis, lam- of skaapvleis, varkvleis en met gebakte of geroosterde vis en algemene seekos. Dit is ook smaaklik saam hoender, kalkoen en duif. Wat groente betref gaan dit heerlik saam met kool, groenboontjies, sampioene, uie, Sauerkraut, algemene soppe, minestrone sop en tamatiesop.

Dit komplimenteer ook sagte kase, gestoofde disse, slaaie, vla, brood, hartige olies en asyne (die blomme ook), hartige jellies, bouquet garni saam met lourierblare en pietersielie of salie. Goudblomme is goed be- kend onder tuin en groentetuin lief- hebbers aangesien die plant insekte trek wat goed is vir enige oes. Dit gee ook ‘n pragtige oranje verkleuring in enige groen slaai. Die blomme
en blare van hiérdie spesie het ‘n effense soetrussie smaak en die saad kan ingelê word soos kappertjiesaad. Daar is tot mense wat dit in ‘fudge’ gebruik vir ‘n bietjie skop. Blomme water. Die plant is ‘n bosagtige struik met grysgroen blare en mooi oranje madeliefieblomme met ‘n dubbele ry blomblare aan lang stele. Die blomblare van die binneste ry het ‘n donkerbruin vlek aan die basis. Die blomme groei wild in Namakwaland en die Suidwes-Kaap.

Komkommerkruid hou van klam grond ryk aan humus, en word gekenmerk deur `n hoë weerstand teen koue. In die laat herfs die grond is bygevoeg kalium sout en superfosfaat teen die koers van 200 kilogram per hektaar. En die saad van komkommerkruid gesaai in die vroeë lente. Net voor plant in die grond ammoniumnitraat bygevoeg sowat 150 kg per hektaar. Wanneer die plant is nodig om te voldoen aan sekere parameters. Die wydte tussen die rye moet ongeveer 60 cm, en die diepte van die landing-ongeveer 2 cm op dieselfde tyd op een hektaar gesaai sowat 40 kg saad. Die oes is ingesamel in die vorm van vars blare voor die verskyning van die stam met blomme. Die blomme word later geoes, hulle is ook wyd gebruik vir medisinale doeleindes gebruik. Vars blare van die plant bevat baie kalium, verskeie sure, vitamiene en minerale. Die gedroogde of vars kruie is gebruik om die vel siektes, artikulêre rumatiek, sowel as ‘n ligte lakseermiddel te behandel. Afkooksel van die blare en blomme van komkommerkruid kalmeer die senuweestelsel en help met hoes. Hierdie plant word aanbeveel in jou dieet vir verskeie siektes, soos lewer, nier, kardiovaskulêre stelsel, galblaas, hartaanvalle en ander kwale.

Daglelies is ook gewild in slaaie en word maklik geplant en gegroei. Hulle is ook bekend om te open as groot flambojante blomme die een na die ander oor ’n tydperk van ’n paar weke, en elkeen blom net een dag. Maar die blomme is ook ideaal vir enige winterslaai. Daar het julle nou sommer ‘n klomp nuwe idees vir tuin en tafel wat nie net jou tuin al laat uitblink nie, maar wat ook jou mondwaterende kookkuns sal verfyn sodat jy nie net jou gesin sal kan verbaas nie, maar ook jou gaste in style onthaal.