Gehalte proteïne vervaardig uit maaiers! Glo dit of nie…

vlieemaaiers_rHiérdie maaiers word gevoed op organiese afval materiaal wat voedingsryke kunsmis vervaardig in die proses. Laat ons dit vereenvoudig – voor daar ‘n lekker stuk hoender, bees, vark of skaap op jou bord beland het dit begin by die tipe voer wat vir die vee gegee word.
Die proses verloop van voer – vee – en dan menslike voedsel. Wat in die voer is land op in proteïne vorm in jou bord. Maar die kinkel in die kabel wat hiérdie verhaal betref is dat maaiers gebruik word om op afval materiaal te voer, en die maaiers dan op hulle beurt skei ‘n proteïne-ryk kunsmis af wat baie voordelig is om veevoer mee te produseer en ander gesaaides.

En, boonop is die veevoer 15% goedkoper as andere wat hoër gehalte proteïne dan deur die voer binne in die vee se vleis toevoer. Daar is nog ‘n verdere voordeel wat maaiers betref. Vir ons as mens is dit die aakligste en grillerigste verskynsel ooit. Wurms was nog altyd ‘n gogga maak vir baba bang verhaal. Maar, wat die vark-, hoender- en visbedryf betref is dit vir hulle poeding verby. Dankie tog smaak verskil…

Apart van die ‘smaaklikheid’ wat hiérdie diere daarin vind is maaiers hoogs voedsaam vir hulle ook. Dit ontwikkel die spiere en vleis soos wat kreatin doen vir ‘n professionele spierbouer. Die groei en gehalte van vleis is veel beter as die drie gesogte vleissoorte op maaiers gevoer word.
Dít is eintlik die vleis wat ons dan by slaghuise en supermarkte koop. Die gesegde van vleis is vleis is eintlik onwaar. Daar is niks wat naby eerste-graadse vleis kom nie. En in Suid-Afrika, met sy gesondheidsbewustes en al, is ‘n vis, skaap, wildsbok, vark of bees braai,  reg bo aan die lys – cholesterol of nie. Dit is ook merkwaardig dat tussen 1999 en 2012 het die koste van visvoer wêreldwyd gestyg met 500%. Dit is ‘n fenomenale groei in die voermark. Die deskundiges beweer dat meeste veeboere spandeer tussen 45% en 75% net op voer alleen. Om jou diere dus maaiers te voer wat 15% goedkoper is en wat vele meer proteïne bevat is ‘n baie beter belegging en meer voedsaam vir die publiek wat vleis aankoop.
Hiérdie produk is juis ‘n antwoord op die huidige tekort aan bekostigbare voer en hoort plaasboere regoor die land se las ligter te maak tot betrekking met koste en beter vleis verkope. Ander produkte wat gebruik word om voer te vervaardig is soja, wat so 85% van die voer mark uitmaak. As die inisiatief om maaiers te gebruik as voer in Suid-Afrika aan die rol gaan, gaan dit definitief weer ons sojaboere met ‘n pap wiel laat wat besigheid betref.
Maar ongelukkig is besigheid maar net besigheid en niks persoonlik word bedoel nie (of so sê almal). Dit sou onregverdig wees om die voer mark te los in die hande van ‘n paar kapitalistiese eienaars terwyl elkeen sy eie maaiers kan broei en so deur sy besigheid red in hierdie tye van skaarste. Of jy nou van wurms hou of nie – een ding is verseker – dit is die veevoer pad vorentoe.