Gemodifiseerde genetika – die toekoms van boerdery en die mensdom

3028124-poster-p-dna

Deesdae kan enige sel, liggaamsdeel, ‘n lid daarvan en tot ‘n hele mens of dier geneties gekweek word met die nuutste uitvinding in biologiese genetika naamlik ‘Clustered regularly interspaced short palindromic repeats (CRISPR, dit word crisper genoem). Al word dit CRIPSR genoem is dit eintlik die Cas9-sel wat dit moontlik maak. Die Cas9-sel neem die genetiese vorm aan in enige sel binne ‘n lewendige wese. Waar daar gebrek is aan die regte genetika wat dan tot siekte en dood lei, kan dit deur hierdie hervorm word.
Dit is die nuutste deurbraak in wetenskap. Die vraag is wat hou dit in vir die mens en spesefiek vir die boer? Laat ons die voordele en nadele oorweeg. Met hierdie gemodifiseerde genetika is dit moontlik om jou DNA in ‘n vark te spuit, sou jy foutiewe pankreas of orgaan hê. Die gesogte orgaan sal dan in die vark ontwikkel wat dan in jou liggaam oorplaasbaar sal wees sonder komplikasies m.a.w jou liggaam sal die orgaan nie verwerp nie. Wat min mense weet is dat dié tipe proteiëne kom oorspronklik van die strep bakterie af wat ‘n virus is wat as dit nie deur die regte antibiotika behandel word, jou dood kan veroorsaak. Strep is gelyk aan ‘n meer gevaarlike tipe griep infeksie.

Ons het nog baie navorsing om te doen as mensdom voor dit heeltemal keuring geniet deur mediese rade, maar ons is nie veel ver van ‘designer’ babas af nie. Met die CRISPR genetiese terapie kan jy die genetika van jou kinders keur sodat kinders gebore word sonder siektes, afwykings, chroniese lewensgevaarlike siektes, en

enige genetiese gebrek. Jy kan tot die haar en oë kleur van jou nuwe kind bepaal – is dit nie eintlik skrikwekkend nie? Party mense voel dit is te naby aan ‘God’ speel – ander voel weer dit val in dieselfde kategorie as inenting en voorbehoedmiddels – want wat is eintlik die verskil? Die mens genees en bevorder homself. Maar dit is nie te sê dat die mens hierdie kennis sonder bonatuurlike toedoen verkry het nie.

Met die oog op boerdery, kan ‘n mens diere ‘kweek’ wat nie siek word en wat die nodige vleis lewer met slagting as vee. En, dit sal ook van kraal tot kraal genetiese en kroniese siektes uitwis. Dit klink dalk te ver gevorderd, maar die dag sal kom wanneer wetenskaplikes ‘n hele fout- lose bees, vark, skaap of hoender sal kan geneties kweek vir die vleis- mark. Dit sal telery dan heeltemal uitskakel.

Die idee maak mens opgewonde asook bang. Waar sal normale boerdery beland met hierdie ontwik- keling in die genetiese, biologiese, en wetenskaplike veld? Op hierdie oomblik sal net tyd kan bepaal. Dit kan voordele inhou vir die mensdom en die boer. Maar dit kan ook lei tot die uitwissing van natuurlike geboorte en boerdery. Hoofrolspelers in navorsing en die regering sal moet nou al beleide in plek stel wat die mensdom, die ekonomie en boerdery beskerm.