Geurige Uieringe

Geurige
Geurige

Genoeg vir 4

Benodighede:

  • 70 g (125 ml) bruismeel
    • knippie sout
    • 1 eier
    • 125 ml melk
    • 500 ml sonneblomolie vir braai
    • 3 uie, geskil

Metode:

  • Sif meel en sout in ’n mengbak. Klits eier en melk saam in ’n bakkie.
  • Voeg geklitste eier en melk by gesifte droë bestanddele. Klits goed tot alle klonte weg is. Maak bak toe met ’n kombuislap en laat beslag sowat 20 minute rus. Verhit olie in ’n diep kastrol.
  • Sny uie in ringe en maak los van mekaar. Doop uieringe in beslag. Plaas versigtig in die warm olie en braai tot goudbruin en bros. (Moenie alles op een slag braai nie)
  • Skep uieringe uit met ’n gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier.
  • Sprinkel met “Six Gun” speserye terwyl warm en sit dadelik voor