Groentee Vir ‘n Gesonde Vel

green-tea

Om groentee te drink is nie alleénlik voordelig vir jou nie, maar die klein teesakkie self, kan wondere verrig en direk op jou vel gebruik word, soos voorgestel deur talle kenners op die gebied. Gereelde inname van groentee verbeter nie net die vel se voorkoms
en gee dit ‘n goeie glans nie, dit is voordelig op vele maniere.

Dit help om toksiene uit te skei, beskerm die vel teen velkanker en verminder sonskade op die vel deurdat polifenol (‘n bestanddeel in groentee) die vry radikale van die son blokkeer om die vel binne te dring.

“Met sy anti-inflammatoriese aksie op die vel, gee dit ook jou immuunstelsel ‘n hupstoot, verminder sebum vorming en verlaag inflammasie vlakke wat sodoende aknee verminder.” vertel Lizeth Riekert van Beauty in the Bush.Groentee kan op die volgende maniere gebruik word.

As gesigreiniger: Sny jou gebruikte teesakkie oop en gooi die blare in ‘n koppie, gooi een tot twee teelepels van jou gesigreiniger by die tee-ekstrak en meng goed. Smeer oor jou gesig en los vir ‘n paar minute aan. Was gesig en spoel af.

Behandeling vir aknee: Sit twee groentee sakkies in een koppie kookwater. Laat goed trek en afkoel tot kamertemper- atuur, verwyder die sakkies. Drup twee druppels “tea tree” olie en twee druppels laventel olie in die tee. Gooi die teemengsel binne in ysbakkies en laat vries. Haal blokkie uit ysbakkie en sodra dit begin smelt vryf ysblokkie oor aangetaste dele (moenie ysblokkie direk uit die vrieskas op vel druk nie, jy kan jou vel brand). Die groentee ysblokkie verklein porieë, die “tea tree” balanseer olie afskeiding en sal uitbarstings voorkom terwyl die lafentel die vel kalmeer.

Om pofferige oë en donker kringe te verminder: Plaas twee gebruikte sakkies groentee in die yskas vir dertig minute. Sit die koue teesakkie op jou oë en ontspan vir vyftien minute. Herhaal twee keer per dag.

Om veroudering tee te werk: Meng drie teelepels natuurlike jogurt, een eetlepel gemaalde groenteeblare en ‘n knippie borrie. Sit mengsel op jou gesig en nek area. Los vir twintig minute op voordat jy dit afspoel met louwarm water. Gebruik die masker een tot twee keer per week.

Vir ‘n sprankelende vars vel: Gooi kokende water oor ‘n groentee sakkie dat daar stoom uitkom. Druk van die water uit, maar nie alles nie. Vryf sakkie oor die vel vir een tot twee minute of todat die sakkie sy hitte verloor. Spoel gesig af met koel water en bevogtig.

Gaan koop vandag nog vir jou groentee voordat dit alles uitverkoop is.