Grondboontjiebotterkaaskoek

gebakte-kaaskoek-healthyfoodblogger

Bestanddele:
Kors
• 200 gram (1 pak Romany Creams) • 2.5 ml (1⁄2 teelepel) fyn kaneel
• 60 ml (4 eetlepels) botter, gesmelt

Vulsel

• 750 gram (3 x 250gram bakkies) laevet roomkaas
• 250 ml (1 koppie) strooisuiker
• 75 ml (5 eetlepels) gladde grondboonbotter • 60 ml (4 eetlepels) koekmeel

• 4 ekstragroot eiers
• 125 ml (1⁄2 koppie) melk

Bolaag

• 385 gram (1 blik) karamelkondensmelk
• 200 gram (1 groot pak) donkersjokolade, gesmelt
• 1 groot grondboonbroslekker, grofgekap

So Gemaak:

1. Stel oond op 180°C

Kors

1. Kap koekies en kaneel in voedselverwerker fyn. Voeg botter by en meng goed.
2. Druk koekiemengsel op bodem van losboomkoekpad met 24 cm deursnee vas.

Vulsel:
1. Meng roomkaas, strooisuiker en grondboonbotter goed.
2. Sif koekmeel bo-oor roomkaasmengsel en meng goed.
3. Klits eiers en melk goed en meng by roomkaasmengsel.
4. Skep vulsel in tertkors en bak vir 20 minute. Verlaag hitte tot 150°C en bak vir nog 45 minute.
5. Skakel oond af, maak oonddeur effens oop en laat kaaskoek vir nog 1 uur in oond staan.

Bolaag:
1. Meng kondensmelk en sjokolade.
2. Skep sjokolademengsel bo-oor kaaskoek en sprinkel broslekkerstukkies bo-oor. 3. Maak kaaskoek los uit losboomkoekpan en sit in skywe voor.
4. Hou in yskas.