Gustav en Peet – Spoorsnyers Op Wie Jy Kan Vertrou

fotoDie wildbedryf is een van die grootstes in Suid-Afrika. Om presies te wees, dit is die derde grootste in ons land. Peet Kruger van Vleissentraal en Gustav Strydom van Mulati Wilddienste is ‘n gedigte wenspan in samewerking met boere in die wildbedryf. Dit sluit ‘n 360° besigheidsdiens in wat die vang, verkoop en veiling van wild betref.

Van wildtellings, chemiese verdowing, wildveilings, tot oorgrense hervestiging – hiérdie twee dek dit alles.


Daar is immers verskeie dele in die wildbedryf naamlik teelkampe en wildplase. Beide val onder verskillende wetgewing volgens lokasie in ons verskeie provinsies en dan word dit verder verdeel namens wetgewing op verskeie spesie.

Dit is nie enige een wat net wild mag aanhou, verkoop en bedryf soos hulle wil nie. Daar is wetgewende kontrole oor die bedryf om die verbruiker te beskerm. Diegene wat nie daarvolgens handel nie en geken word deur hulle ‘kleur en keur’ taktieke val onder die ‘fly by nights’ wat onwettig en bedrogtelik wild verkoop as een spesie en dan die wild kleur omdat dit eintlik ‘n spesie van minder markwaarde is.

Dit is van kardinale belang vir die wild boer en die verbruiker om net besigheid te doen met gevestigde wilddienste-verskaffers anders is die kanse groot dat jou belegging gou in die rooi sal hardloop. “Die bedryf is tog groot maar klein genoeg dat ‘n mens glad nie kan bekostig om ‘n slegte naam te hê nie,” erken Gustav.
“Dit gaan meer oor die samesyn as net die skiet van wild. Daardie gesogte saamkuier, die natuur geniet en partykeer die ondervinding van ‘n jong spoorsnyer wat sy eerste bok skiet. Daardie gevoel wat ‘n jagter kry om die vuur terwyl die bok lewer gebraai en saam geëet word te midde die bloed gedoopte nuweling – dit lê immers na aan ‘n boer en spoorsnyer se hart,” deel Gustav en Peet met die Blink Boer se redaksie. “Die ondervinding tel eerste, tweedens en bykomend word dit om iets raak te jag as ‘n bevoorreg beskou,” voeg die twee by.

adver11Wat hulle dienste wel laat uitstaan is dat die kliënte en verbruikers wel in alle eerlikheid hulle wild veilig en met betaling gewaarborg word van altwee kante af. Ons kenners sê ook dat nou is die regte tyd om in die wildbedryf te belê aangesien dit nog altyd ‘n standvastige bedryf was. “40% Van die bedryf bestaan uit wettiglike papierwerk en wetgewing. Die wildbedryf bestaan ook meerendeels uit Suid-Afrika en Namibia. Gewone wild is ook nou besig om op te tel waar dit in die verlede meer nagelaat was. Genetiese teling is ook ‘n gaping in die mark wat gevul word en meer in aanvraag is,” raai ons kenners aan terwyl hulle beslis hulle woorde veilig tel.

Peet Kruger en Gustav Strydom van Mulati Wilddienste en Vleissentraal is inderdaad die bobaas rolspelers van die wildbedryf in ons Madibeng geweste.