Hannon se 5 Stappe tot ‘n Beter Dag

Hannon, brits mall, gremering, mooi
Hannon Brits, 07 Mei, 2016 ,vanaf 10.00h tot 13.00h

Jy het geen idee hoe dit gebeur nie, maar dit voel of jy elke dag vroeër moet opstaan om betyds te wees. Toebroodjies moet

ingepak word, honde moet kos kry, almal soek ontbyt – en êrens moet jy nog ’n kwas oor jou gesig vee en ’n kam deur jou hare trek. Daar was ’n tyd toe jy met lipglans en ’n poniestert kon wegkom, maar soos die jare aanstap, kort jy meer tyd voor die spieël. Seker dié dat jou oggende so met jou weghardloop.

Maar om gou-gou en maklik mooi te lyk is iets wat Glam Guru Hannon baie goed verstaan. Daarom leer hy jou in sy nuwe boek, Maklik Mooi, hoe om binne ’n paar minute die koppe te laat draai.

5 minute: Grimeer jou gesig kraakvars!

Mooi lyk en mooi voel is nie net vir spesiale geleenthede nie. Elke dag is spesiaal. En as dit lyk of jy êrens heen gaan, sal jy dalk spoedig daarheen op pad wees – want optimisme trek die positiewe aan soos ’n magneet. So, gaan maak jouself mooi!

As jy nie baie tyd het om grimering aan te sit nie en ook nie die wêreld se produkte het nie, is hierdie paar stappe net vir jou. Jy sal sien dat emmers vol grimering nie die oplossing is nie, maar die regte produkte op die regte plekke.

STAP 1 Die eerste ding wat jy moet doen as jy voor die spieël staan, is om ’n Two-In-One Foundation poeieronderlaag aan te wend. Dit sal jou die natuurlikste bedekking gee.
Hannon Brits, 07 Mei, 2016 ,vanaf 10.00h tot 13.00h
STAP 2 Jou wenkbroue is sekerlik een van die belangrikste fokuspunte as dit by jou gesig kom. So, gee aandag daaraan. As jou wenkbroue ’n goeie vorm het, laat dit jou gesig vroliker lyk en ook ’n hele paar jaar jonger. Vul jou wenkbroue in met ’n donker kleurpotlood wat by jou natuurlike wenkbroukleur pas om jou gesig pragtig te omraam.

STAP 3 As jy die Sun Kiss Blush duo-blosser gebruik, het jy minder kleur op die res van jou gesig nodig. Wend dit op die ronding van jou wange aan, in die rigting van jou slape. Dit skep ’n gloeiende vel en gee pragtige definisie aan wangbene. Tik ook ’n klein bietjie blosser vanaf die binnehoeke na die buitehoeke van jou ooglede. So gee jy vinnig kleur aan die belangrikste dele van jou gesig.

Vir ekstra woema kan jy ’n violetkleur Day to Night oogskadu aan jou buitenste ooghoeke smeer. Definieer dan jou boonste ooglede met smeerbestande oogomlyner. Tel jou kop op. Kyk af en kam Super Lash Mascara aan jou wimpers.

STAP 4 Omlyn eers jou lippe en kleur dit dan heeltemal in met ’n Gel Lipliner. Dit gee dieselfde afwerking as ’n langblywende lipstiffie. Of sit lipglans aan jou lippe vir onmiddellike definisie. Nog ’n bonus is dat dit jou jonger laat lyk en ook nie in die plooitjies om jou lippe inloop nie.

STAP 5 Die laaste stap is om grimeerseëlsproei aan te spuit. Dit sal keer dat jy teen teetyd al vaal en flou lyk, want jou grimering sal heeldag in plek gehou word. Nog ’n voordeel is dat dit daardie “aangepleisterde” voorkoms voorkom. Jou grimering sal natuurlik lyk.

In net ’n paar stappe en letterlik 5 minute is jou gesig ingekleur en is jy reg om die wêreld in die oë te kyk.

Hannon Brits, 07 Mei, 2016 ,vanaf 10.00h tot 13.00h