Hartebeespoort Holiday Resort

hart

‘n Blikkiekos Vir ‘n Goeie Doel By Bosveld Stereo Se Blikkiesfees.

As jy in die oggende in jou motor klim en die radio aanskakel dan begin daai bekende deuntjie van Bosveld Stereo speel. Die Hart van Goud.
Dit is weer sulke tyd, dit is tyd vir die Blikkiesfees.

 

 

Met die volgende kunstenaars, Dillon Lerm, 1925 Band, Armand – Singende Cowboy, Nicholis Louw, Jennifer Zamudio, Die Campbells, Tiro, Cordelia, Dewald Dippenaar, Ray Dylan, Manie Jackson, Heuning, Jaycee Crause, Marius Strydom en die Lieflinge gaan daar verseker nie ‘n tekort aan vermaak wees nie. Die Blikkiesfees is vir ‘n goeie doel en ‘n deel van jou ingangsfooi is ‘n blikkie kos wat vir minderbevoorregte mense gaan. Kom geniet die dag saam met jou familie, maar asseblief geen koelhouers nie. Sing saam met die gaskunstenaars, kom loer na die stalletjies, motorfietse en die veteraan motors, eet iets in die teetuin, vir die kinders is daar ‘n pretpark en vir die groot rugby ondersteuners is daar ‘n biertuin waar hulle hulself kan geniet. Die hekke open om half agt en die verrigtinge begin half nege. Dit word die 4de Junie gehou by Hartbeespoort Vakansieoord, so maak seker jy is daar! Bring jou eie stoel en geniet die dag saam met Bosveld Stereo, die mense met die harte van goud!