Heerlike Melkkos

mikromelkkos

Bestanddele:
• 2 Koppies Koekmeel

• 3 Eiers, effens geklits

• 2 Eetlepels botter

• 1 Teelepel Sout

• ‘n Bietjie water

• Kaneelsuiker

So Gemaak:
1. Meng die meel, sout en eiers tot ‘n stywe deeg. Voeg ‘n bietjie water
by indien nodig. Knie die deeg vir vyf tot tien minute todat dit elasties
is en klein blasies op die oppervlak vorm.

2. Rol die deeg baie dun op
‘n meelbestrooide oppervlak uit en laat dit vir ongeveer tien minute lank staan om effens droog te word. Sny die deeg in repe. Strooi meel op elke reep en pak drie tot vier repe opmekaar. Sny die repe in die breedte, in baie dun skyfies, min of meer soos oupa’s hul tabak gekerf het. Skud die stukkies deeg oop en los van mekaar. Laat dit weer vir ‘n paar minute droog word.

3. Gooi die melk in ‘n kastrol en bring dit tot kookpunt. Voeg die snysels geleidelik by die melk terwyl dit geroer word. Roer die botter by.

4. Stowe dit stadig vir ‘n halfuur lank oor ‘n lae hitte tot gaar. 5. Bedien dit in kommetjies of diep borde met kaneelsuiker bo-oor.