Het jy ‘n swembad? Teel met Tilapia.

Deesdae is water peperduur. Met die droogte wat ‘n tekort aan water veroorsaak het is dit nogal ‘n uitgawe om ‘n swembad aan te hou, die chloor, chemikalieë, of toerusting of arbeid om dit skoon te hou kos baie geld.
Daar is tot inwoners in Brits wat ‘n water rekening van ons munisipaliteit van R22 000 kry vir ‘n drie slaapkamer huis met twee badkamers – en geen swembad nie! Die gevolg is ‘n mens wil nie eers waag uitvra wat betaal Brits inwoners wat wel die luuksheid van ‘n swembad het vir munisipale water – tensy hulle ‘n boorgat het. As jy moedeloos is met die koste van jou swembad, en veral as julle afgetree is of nie kinders het wat die swembad kan geniet nie, kan jy altyd jou swembad verander in ‘n varswater visdam wat minder kos om in stand te hou as ‘n gewone swembad.

Jy kan dan ook met varswater visse teel soos byvoorbeeld Tilapia-vis wat nogal ‘n nismark is en baie gewild is onder die Joodse bevolking. Jy sal sekerlik op ‘n supermark, slaghuis, of tot dalk vir ‘n tipe ‘Woolworths’ se verskaffers lys kom omdat die soort vis so gesog is. Varswatervisboerdery is so maklik soos tuinmaak, en jou inskakeling daarvan by ‘n gemengde boerdery kan jou inkomste ‘n aansienlike hupstoot gee.

‘n Eenvoudige, tog doeltreffende manier om met vis te boer op ‘n skaal wat by elke plaas pas, word hier bespreek. Ongeag of jy ‘n groot besproeiingsdam of ‘n gewone kleiner plaasdam het, is daar ‘n hokstelsel vir ‘n varswatervisboerdery wat ewe doeltreffend in albei sal werk. Die Israelse kurper (Oreochromis aureus) is ‘n varswater vis wat voorkom in die Kaapse Vlakte, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal. Die natuurlike gebied waar die vis voorkom is Israel, die onderste gedeelte van die Nylrivier, die Tjadmeer en die Niger- en Sénégalrivier. In Engels staan die vis bekend as die Israeli tilapia. Hierdie vis is reeds gedurende 1910 in Suid-Afrika vrygelaat.
In Suid-Afrika vang hengelaars gewoonlik kurpers van Februarie tot April in die warmer, noord en oostelike dele van die land, alhoewel hulle al van so vroeg as September gevang kan word. Kurpers word gesien as ‘n goeie sportvis op ligtegerei en is ook ‘n goeie tafelvis. So, in jou agterplaas se swembad hoort dit nog makliker te wees om met tilapia en enige ander varswater eet vis te boer.
Tilapia kan met plant kos gekweek word, wat hoofsaaklik bestaan uit sojabone en koring. Jy kan jou ook wend tot die naaste viskenner by jou naaste visboerdery vir raad, of deur vorige Blink Boer uitgawes blaai om gespesialiseerde advies te verkry by een van ons plaaslike vis of tilapia deskundiges.
Jy kan so deur met vis kweek vir jou eie huishoudelike gebruik of om dit te verkoop teen ‘n goeie wins – veral met tilapia. ‘n Mengelmoes van ‘n bestaansvisboerdery en besigheidsvisboerdery saam kan ook ‘n goeie punt van volhoubaarheid wees. Die keuse is joune afhangende van wat jou behoeftes meestal pas.

One thought on “Het jy ‘n swembad? Teel met Tilapia.

  1. Goeie dag, ek soek meer inligting oor die tilapia boer storie en as moontlik n boer of 2 nommers wat dit alreeds doen. Groete

Comments are closed.