Hoe om daai “winters krokodilvel” hok te slaan

beauty-tips-for-dry-skin

Ons is in die hartjie van die winter en al is die koue winters oggende so mooi het die koue nie ‘n mooi uitwerking op ons velle nie. Wintermaande veroorsaak droë vlokkerige vel op ons lywe en gesigte en sodoende moet ons ‘n spesefieke roetine volg om dit onder beheer te kry.

In die winter verswak jou vel se natuurlike vermoë om vog te behou asook om onsuiwerhede uit te hou. Die boonste laag van jou vel voel droog en krakerig en die sprankel in jou vel is weg. Die produksie van kollageen word benadeel en lyk jou vel oud en moeg. Hoe moet mens maak om dit te behandel? Ons eie skoonheids koningin, Lizeth Riekert, vertel stap vir stap wat om te maak. Die gesig is die gedeelte van ‘n vrou se lyf waar sy nie wil hê dit moet droog voel en lyk nie. Gebruik ‘n romerige of gel reiniger. Indien jou vel baie droog is kan ‘n olie reiniger gebruik word. Vermy enige reiniger wat alkohol bevat, want dit gaan jou vel net verder uitdroog. Afskilfering is ook noodsaaklik. Jy kan 2 – 3 maal per week ‘n ligte afskil- fering gebruik om sodoende die dooie selletjies te verwyder.

Gebruik ‘n masker een tot twee keer ‘n week. Dit help jou vel om vog op te neem en dit terug te sit in die selletjies. Jy kan ‘n room masker gebruik in die plek van ‘n nagroom en dit dan oornag aanlos en die volgende oggend afwas. ‘n Voede- nde serum kan wondere verrig vir ‘n droë vel. Jy kan dit onder jou dag-of-nagroom gebruik. Dit vorm ‘n lagie op jou vel om die vog binne te hou. Dag-en-nagrome is ‘n moet om te gebruik in die winter
en sowel as die somer. Somer maande gebruik ons ‘n ligte bevogtiger om olie en verstoppings in die vel te voorkom.

In die winter maande kan mens voel dat die roompie nie meer so effektief werk nie. Dan moet jy ‘n ryker en meer voedende dag-en-nagroom aanskaf. Gewoonlik word die dagroom na ‘n ryker formule verander omdat ons velle deur die dag meer blootgestel word aan die koue wind. Sonskerm moet nogsteeds gebruik word. Die son voel dalk nie meer so warm in die winter nie, maar die UV-strale is nogsteeds skadelik. Die koue lug op ons gesigte droog veral ons lippe uit. Belê in ‘n goeie lipsalf en wend dit gereeld aan.

In die winter is daar niks so lekker soos ‘n warm bad nie, tog droog die warm water jou vel uit. Probeer om jou badwater se temperatuur matig te hou. Afskilfering kan ook op jou liggaam gebruik word twee tot drie keer per week. Voed jou vel elke oggend en aand deur ‘n voedende “body-butter” oor jou hele lyf aan te smeer veral oor jou hande en voete. Alles wat jy daagliks inneem het ‘n invloed op jou vel. Drink baie water om die vog balans in jou vel konstant te hou. Dit help nie jy gee heeltyd vog van buite af na binne deur die vel nie, jy moet van binne na buite ook jou vel voed.

Omega 3 aanvullings kan van groot hulp wees of selfs net die gereelde eet van avokado- pere, neute, sade, tuna en salm wat hoog in omega 3 is. Ekseem is ‘n velkwaal wat gereeld voorkom in die winter. Jy kan dit beheer deur ‘n ligte kortisoonsalfie te gebruik wat voorgeskryf word deur ‘n dermatoloog of huisdokter. Dit is altyd baie wys om ‘n skoonheidsalon te besoek tydens die winter. Die skoonheidsterapeut gebruik produkte wat jou vel intens voed en die behandelings kan daai winterskade verminder of dit heeltemal herstel.