Hoekom verkleur ‘n trapsuutjie?

trapsuutjieHet jy al gewonder hoekom ver-kleur ‘n trapsuutjie? Dit is nogal ‘n vraag wat baie mense oor wonder. ‘n Trapsuutjie het eintlik ‘n deursky- nende vel wat aanpas by die direkte omgewing. Het jy nie al gewens jy kon net verdwyn in die agtergrond wanneer jy nie regtig op ‘n plek waargeneem wil word nie? As die mens die fisika en wetenskap agter hierdie verskynsel sou kon ontleed sou dit dalk eendag moontlik wees.

Daar sal seker dan geen probleem wees in ons land met betrekking tot nasie of ras nie – almal sou net by hulle omgewing aangepas het – maar laat ons nou nie die onderwerp byster raak nie…
Die verkleurmannetjie of trapsuutjie (Chamaeleonidae) is familie van die akkedisse. Die meeste verkleurmannetjies kan hul vel se kleur vir kamoeflering verander, of om hul gemoedstoestand aan ander verkleurmannetjies aan te dui. Die grootste spesies word tot 70 sentimeter lank.

‘n Mens is ook geneig om ‘n trapsuutjie mis te kyk juis omdat die dier so maklik verdwyn in die agtergrond van enige omgewing en is so liggaamlik toegedien om letterlik by enige omstandighede aan te pas. As familie van die likkewaan spesie is hulle genetiese samestelling geken om te oorleef in die moeilikste van klimaat en geografiese lokaal. Juis, is die trapsuutjie ‘n tipe ‘survivor’ as julle die volgreeks ken naked and afraid. Die verskynsel het te doen met die oorlewing van die sterkste.
Verkleurmannetjies het papegaai-agtige voete wat aangepas is om in bome te leef en saggies deur takke en blare te beweeg. Hulle beweeg gewoonlik stadig met wiegende bewegings om met die ritsel van blare in die wind saam te smelt. Die oë is stereoskopies en kan onafhanklik van mekaar en in teenoorgestelde rigtings beweeg.

Die stert is spesiaal gevorm om homself te anker en aan takkies vas te gryp. Hulle het lang klewerige tonge wat hulle blitsig kan uitskiet om prooi te vang. Die tong is tot twee keer so lank as die liggaam self. Hulle vreet meestal insekte, maar sal ook soms kleiner   akkedisse vreet.

Daar bestaan omtrent 190 spesies wat in Afrika, Madagaskar, Spanje en Portugal, oor suidelike Asië en Sri Lanka voorkom. Hulle is ook na Hawaii, Kalifornië en Florida ingevoer, en word in warm gebiede wat van reënwoude tot droë woestyne wissel aangetref. Verkleurmannetjies word  algemeen as troeteldiere aangehou. Trapsuutjies verander van kleur deur die manipulasie van gespesialiseerde selle.

Hierdie selle word verwys as chromatofore wat verskillende pigment kleure behou. Wanneer ‘n trapsuutjie ‘n sekere boodskap of temperament wil uitbeeld of kommunikeer dan skei die trapsuutjie se brein ‘n sekere hormoon af wat dan velkleur beïnvloed. Hierdie senuwee en hormoonselle stuur dan ‘n boodskap na die chromatofore wat dan die trapsuutjie se kleur verander. Die geheim lê in die choromatofore wat lig weerspieël deur die deurskynende vel in die trapsuutjie wat die kleur waarneem deur sy kloue wat dan outomaties aanpas by die kleur van sy omgewing. Dit is immers ‘n oorlewingsmeganisme wat geneties intree om die dier te beskerm en te kamoefleer