Hoekom word mense meer siek in die winter

imgres

Wat lekker is van winter (en moenie nou al so sug nie) is dat ‘n mens met gemak kan aantrek, laag vir laag met gerieflikheid en mode in jou agterkop sonder die gevoel dat jy ‘over- dressed’ is. Kom ons stel die vraag so, wat nóg kan ‘n mens tog uittrek as jy so sweterig en koorsagtig in die hartjie van die hittige somer gedaan sit. Die lang antwoord; dra dun klere en kyk meer na polisatyn wat materiaal betref as na katoen – katoen is nie altyd die koelste om te dra in die somer nie.

Dis een van die oudste mites in die boek – en ons is seker maar geken as die mite-brekers! Nou kom ons tot die kort antwoord; dra niks nie… ons grap vir seker, wees gerus. Kom ons bespreek breedvoerig die ge- paste drag vir ‘n lekker ysige koue winter. Eerstens, wat tel is jou gesondheid – en die koue van buitelug wat bots met die warmte en hitte van die liggaam van wat van binne teenwoed na buite is nogal die beste resep vir siekword. Hierdie tipe siekword kan versoen word met oomblik watdiekoueenhittedieliggaamsetem- peratuur skommel. Hierdie wanbalans veroorsaak dat mense verkoue en griep opdoen in winter.

Daar is goeie boereraad wat nogal kan werk. Net voor jy uitstap in die buitekoue, drink net ‘n glas yskoue water. Dit versoen jou liggaamstemperatuur met die van die buitelug en so deur be- hou jy die temperatuur balans en word dan nie koorsig en siek nie. Ons onder- skeid goed tussen nonsens stories en regte egte stoere boereraad.

Opvolgende raad is om nie te veel en te warm aan te trek dat jy skielik weens ‘n sonstraal
of twee skielik wil net uittrek nie. Dis nie noodwendig warmer omdat die son skielik syn nie, dis nogsteeds koud. Die geheim is om jou liggaamstemperatuur te probeer konstant te behou. Jou dokter of geneesheer sal dalk frons en sê dit is virusse en bakterieë wat jou siek maak. Wel genoeg, maar liggaamstemperatuur speel tog ‘n baie belangrike rol. Dit is hoe die mense in die ou dae gesond gebly het met ‘n gekomprimeerde dieet wat net net die instandhouding van die liggaam onderhou.

Die beste raad is dus om net warm genoeg aan te trek, baie yskoue water
te drink en dan ook gebalanseerde dieet te volg. Jou ma en ouma was nie te ver vandie‘boomaf’toehullegesêhet“jy moet al jou groentes eet.” ‘n Mens se immuunstelsel wat verswak is het nie die nodige vitamiene en voeding om siektes en bakterieë te beveg nie. En, dit is al bewys dat ‘n sterk wind wat waai die kieme versprei wat mense mense so siek maak. Meer kleding dek jou buite liggaam wat keer dat die kieme jou lig- gaamsgestel binnedring nie. So van loop neuse tot blaf hoesse, en sneesdoekies tot griepmengsels – ou boereraad is bly altyd baas!