Hoender en Rooiwyn Potjie, (Gauteng Potjie)

gauteng-potjie

 

Bestanddele:

•2kg hoenderporsies, in kleiner stukke gesny

•125g spekvleis, gesnipper

•2 eetlepels botter

•2 eetlepels olie

•1 groot ui, gekap

•3 knoffelhuisies, gekap

•3 eetlepels brandewyn

•1 koppie hoenderaftreksel

•1 teelepel sout

•1 teelepel swartpeper, gemaal

•1 koppie droë rooiwyn

•1 kg groente van jou keuse, geskil en gesny

•½koppie pikantrissies (Peppadews), grofgekap

•2 eetlepels vars pietersielie, gekap

So Gemaak:

1.Verhit die potjie en braai die hoenderstukke en spek in ’n mengsel van botter en olie totdat dit goudbruin en bros is.

2.Nou raak dinge lekker. Voeg die uie en knoffel by en braai dit totdat dit sag is.

3.Pasop vir die vlamme! Gooi die brandewyn by en daarna die hoenderaftreksel, sout en peper.

4.Skink vir jou ook een. Gooi die wyn by en verhit die potjie tot kookpunt.

5.Sit nou agteroor. Sit dan die deksel op en laat dit vir 2 uur saggies prut.

6.Voeg die groente en pikantrissies by en laat dit vir nog sowat 30 minute prut totdat die hoender en groente gaar is.

7.’n Spatsel kleur. Roer heel laaste die gekapte pietersielie by en sit die potjiekos dan voor op rys.