Huishou En Tuinbou – In Verband Met Die Sagte Aanraking Van ‘n Vrou

images-1

‘n Vrou het maar die gawe as dit kom by die sagter en fyner kant van dinge. En, dit sluit onomwonde nie die huis en tuin uit nie. ‘n Huis sonder ‘n vrou is net nie dieselfde nie. ‘n Mens het seker al ‘n die geval van ‘n ou jong kêrel teë wat sy eie nes skrop – en dan besef jy vinnig dat die aanraking van die vroulike tekort kom.

‘n Vrou is ‘n versorger en is die pilaar van enige huisgesin, geseënd met intuïsie en têre kreatiwiteit, soos ons in Engels sê en sou julle verder lees sou julle saamstem ‘she has got the gift of the gab!’

‘n Mens sou graag vra, wat is die filosofie agter jou huisbou en tuin uitleg? Dit klink dalk vreemd vir jou as leser, maar soos ons verder be- spreek sal jy verstaan hoe dinge oor die jare verander het – seker goed ten goede en ander weer ten slegste. Die ou Romeinse huisbou, tuinmaak en lewensfilosofie was van buite na binne georiënteerd. Deesdae doen ons net mooi die teenoorgestelde. In Romeinse tye was die tuin die mid- delpunt van enige huis.

Diégene wat as bediendes en tuiniers opgetree het, het daagliks dit wat nodig was vir etes vars gepluk uit die tuin uit. Deesdae is die sitkamer die middelpunt van die huis en die middelpunt van die sitkamer is natuurlik die televisie. Dit het, in baie gevalle, die plek van buite speel – wat kinders betref – tuinbou en baie buite aktiwiteite ingeneem. Dit is een van die ongesondste teg- nologie wat ons moderne lewe betree het. Fisiese oefening wat met bu- itelewe versoen word, word vervang met stilsit en etes wat nie inmeng met sepies nie – die ongesonde ‘olie pan’ tipe.

Daar is ook baie verskillende filosofieë wat huise betref. Die Japan- nese, byvoorbeeld, glo dat minder is meer. Hulle het gewoonlik klein huise met net die nodigste en min meubels, maar met ‘n groot gewone tuin en miskien ‘n buite of binne (of altwee) Zen tuin wat bedoel is om ‘n mens te kalmeer en in lyn met holistiese lewenstyle. Die ideale idee van ‘n tuin is een wat jou lewenstyle en persoon- like filosofie uitbeeld en aanvul. Dit het te doen met wat aanpas by jou gesondheid wat jou dieet betrek en wat jou energievlakke vermeerder, gifsoorte uit jou liggaam suiwer en jou terselfdertyd voed en die regte chemiese balans in jou psige wek om gelukkig en tevrede te wees.

Die Nederlandse en koloniale tuin style is weer meer verfynd baie soos die Engelse manier van tuinmaak. Dit behels meer die prag en praal en die mooiheid van tuinbou. Die hele konsep draai om die prinsiep van beïndruk en uitstaan. Die manier hoe ‘n mens se huis en tuin georganiseerd is, is ‘n sinnebeeld van elke mens of huishouding se persoonlikheid. Dit trek ook uit die bron van ‘n mens se kultuur en temperament. Iemand wat meer konserwatief is hou van orde en balans, met geometriese patrone, waar iemand wat meer kreatief is die geneigdheid het tot helder kleure en eksotiese rangskikkings.

Dit is nogal waar dat as ‘n mens iemand se huis omset en tuin uitleg sien en goed analiseer, dan het ‘n mens ‘n basiese idee van die tipe mens of gesin wat daar bly en die tipe uitkyk wat die persoon of gesin oor die lewe het. ‘n Mens kan ook dit dan versoen met die gevoel van die atmosfeer en jou kan indink watse so- siale binding in die huis en tussen die mense heers. Dit wat psigies binne in die mens aangaan straal uit deur hulle handewerk en die omgewing wat hulle om hulle skep. So, elke keer wat jy die skoonheid van die huis en die gesin ervaar, onthou gerus die bron van inspirasie – dit is die versagte aanraking van ‘n vrou.