Jagseisoen – Die Vyfde Seisoen

FRITSIMMONSLekker kuier naweke, biltong en ysige koue winters oggende. Dit is weer sulke tyd. Dis jagseisoen. Maar voordat jy in jou bakkie spring en gaan jag is daar ‘n paar goed wat eers gedoen moet word vir ‘n lekker en suksesvolle jag.

Besluit watter wild jy wil jag. Soek dan beskikbare plase wat die spesies het waarin jy belangstel en kry die pryse. Dit hang ook alles af of jy vir ‘n trofeë of vleis jag. Skiet eers jou geweer in.

Dit is belangrik om eers te oefen voor jy gaan jag. Kies ook die regte geweer om mee te gaan skiet. Jy kan nie ‘n koedoe met ‘n .22 of ‘n tarentaal met ‘n 375 skiet nie! Maak seker jy weet wat jy wil skiet sodat jy die regte geweer kan kies. Vat vir jou ‘n teiken of twee saam om mee te oefen as jy op die plaas ook ‘n paar keer wil skiet voor jy gaan jag.
As jy verkies om die bok te voet te jag, maak seker jy is fiks. Trek dan die regte klere aan, goeie stewels en gekamofleerde of khaki kleure. “Suid-Afrika het ‘n groot verskeidenheid wild en voël spesies. Nie eers gepraat van die plantegroei nie.” sê Dr. Mark Mclauglin van Nieu-Seeland oor sy jag ervaring in Suid-Afrika, “Ek het ‘n groot gedeelte van die land al gesien. Vanaf Brits tot in die Kalahari. Die gids was uitstekend. Hy het ons baie geleer en vertel van die geskiedenis van al die dorpies wat ons gesien het.

Dit is meer as wat ek verwag het. Om ‘n voorbeeld te noem, ek het in ‘n naby geleë rivier waterlelies en blomme gesien en dit was vir my baie mooi. Dit is goed wat ons nie in Nieu-Seeland sien nie al word dit hier as algemeen beskou. Ek moes ook nuwe klere koop aangesien die klere wat ek saamgebring het nie geskik is vir jag nie. Die grassade en klitsgras het te veel gepla en het aan alles vasgesit. Sover het ek ‘n baie suksesvolle jag en sal ek definitief weer kom,” vertel sy.

As jy na plekke toe gaan waar daar swak opvangs is kan jy ‘n satelliet foon aanskaf. Veral as jy ‘n professionele jagter is wat kliënte van oorsee af het. ‘n Range Finder en ‘n verkyker is ‘n moet om saam te vat. Moet nooit alkohol gebruik as jy gaan jag nie. Drink eerder as jy klaar geskiet het vir die dag. Jy sal dit in elkgeval meer geniet om ‘n dop of twee langs die kampvuur te drink terwyl jy met jou vriende sit en gesels.
Die belangrikste van alles is om veilig te wees en nie onverantwoordelike goed te doen nie. Ongelukke kan met enige iemand gebeur. Nadat jy alles gedoen het om seker te maak jy gaan ‘n suksesvolle jagtog hê, moet jy net gaan en dit geniet en seker maak dat jy baie biltong huistoe vat