Kabinet hersien Beleidsaksieplan vir landbou

Kabinet hersien Beleidsaksieplan vir landbou

Die Kabinet het ‘n Beleidsaksieplan vir die landbou hersien en goedgekeur om te verseker dat dit onder andere groei, werkskepping, belegging en ontwikkeling in Afrika as geheel bevorder.

Werk word voortgesit om 44 Agri-Parke in die nege provinsies te ontwikkel. Een is gereeds om in Noordwes geloods te word.

Die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Gugile Nkwinti het vroeër vanjaar tydens die loodsing van die Agri-Parke projek gesê dat dié projek as katalisator vir die hervorming van landelike ekonomie sal dien.

Produksieplanne is ontwikkel en word regdeur die land geimplimenteer om seker te maak dat produksie rondom Agri-Parke volgens skedule verloop.

Altesaam 112 221 kleinmaat produseerders is van April tot Junie vanjaar ondersteun. Die groep het onder meer opleiding en tegniese ondersteuning ontvang. Buiten die groep word 36 bykomende plase ook ondersteun.

Die Departement van Wetenskap en Tegnologie is ook op die oomblik besig om ‘n koring kweking platform te ondersteun en hoop om daardeur opkomende en kommersiële boere verder te ontwikkel. Vyf nuwe kultivars sal na verwagting teen 2020 die lig sien om groeiende produktiwiteit en voedsel sekuriteit in die land te verseker.

Die Departement van Wetenskap en Tegnologie ondersteun ook voorts die Eucalyptus Genome Projek, wat navorsing doen sodat meer akurate kweking in die houtbedryf ondervind kan word. Die projek het die potensiaal om mededinging in die bedryf te bewerkstellig. Daardeur kan die fisiese en chemiese karaktertrekke van hout en siekte weerstand meer in diepte ondersoek word wat dan weer groei in die bos, pulp en papier industrie tot gevolg sal hê. Die projek sal ook ekonomiese groei en werkskepping tot gevolg hê.

Die Beleidsaksieplan het reeds in die Wes-Kaap vrugte afgewerp en is werkskepping, ekonomiese ontwikkeling en algehele verbetering in houtvoorsiening reeds bereik.

Die Departement van Landbou het meer as R104 miljoen in programme belê waaruit die varsprodukte mark, wyn, sitrus en bosbou ondermeer voordeel sal trek.

Die departement het ook onlangs bekend gemaak dat meer as 78 138 grondeise teen die 30 Junie 2015 afgehandel was. Meer as 1,9 miljoen individue en 385 691 gesinne het baatgevind en is 3 231 787 hektaar grond teen ‘n koste van R18,7 biljoen bekom. Van die begunstigdes het finansiële vergoeding verkies en het die Kommisie vir die Herstel van Grondregte meer as R9,1 biljoen uitbetaal. ‘n Bykomende R4,1 biljoen is toegeken aan begunstigdes, wat ondersteuning vir die ontwikkeling van grond verkies het.

3 thoughts on “Kabinet hersien Beleidsaksieplan vir landbou

  1. I loved as much as you’ll receive carried out right here.
    The sketch is attractive, your authored subject matter stylish.
    nonetheless, you command get bought an nervousness
    over that you wish be delivering the following. unwell unquestionably come further formerly again as exactly
    the same nearly a lot often inside case you shield this hike.

  2. I was wondering if you ever considered changing the structure of
    your blog? Its very well written; I love what youve got to say.
    But maybe you could a little more in the way of content so people
    could connect with it better. Youve got an awful lot of text for only having one or two pictures.
    Maybe you could space it out better?

  3. Hi to all, the contents present at this website are genuinely remarkable for people experience, well,
    keep up the nice work fellows.

Comments are closed.