KAMEELDRIFT MOORDBENDES VAL PLAASBOERE EN GEMEENSKAP AAN

Daar was in die laaste tyd baie berigte oor plaas- moorde en aanvalle. Suid-Afrika beleef ook tans ‘n tipe voedsel tekort weens die droogte, dit het veroorsaak dat die prys van groente byna ondraaglik gestyg het. In gebiede soos Kameeldrift het boerdery ondraaglik geraak. As ons boere nie meer weens bloedige misdaad kan boer nie, kan daar nie aan ons land se voedsel behoeftes voorsien word nie. Dit geld dan ook as ‘n bykomende faktor tot prysverhogings.

Dit is nie net die boere self wat daaronder ly nie maar ook hulle plaasarbeiders wat aangeval, beroof, en vermoor word. Die area word genoem ‘klein Zimbabwe’ onder plaaslike bewoners. Hierdie geval is nie die bron van rassisme nie, maar wel blykbaar ‘n tipe militêre en guerrilla-oorlogvoerende inval van onwettige Zimbabwiese immigrante.

Hierdie bende is skynbaar ook gewapen met outomatiese masjiengewere, handgranate, en gebruik tot plofstof en bomme om ingang tot plaaslike bewoners se huise te kry. Hierdie wapens is ook blykbaar bekom deur beplande vorige berowings.

Die werkersgemeenskap word tot aangeval en beroof net na hulle voertuie verlaat op pad werk en huis toe. Die gebied is ook onbewoonbaar verklaar. Dit het alles begin nadat berigte versprei is dat raadslid Petrus Phetlhe grondgebiede onwettig verkoop het wat ontvanklik ‘vir die doel van menslike nedersetting, grondhervorming en herverdeling van plaas eiendom was.’

Die Demokratiese Alliansie (DA) se L.J. Basson het ook versoek, nog in Madibeng Uitvoerende Burgemeester PoppyMagongwa se tyd terug op 23 Mei 2012, dat die saak spoedig opgelos word. Die datum wat vasgestel was om hierdie projek te voleindig was 30 Junie 2015, en tot nou toe is daar niks daaroor gedoen of besluit nie. Die destydse burgemeester het versoek dat Deel 454 en 455 van Plaas Kameeldrift opgegradeer word tot nedersetting status.

Daar is sprake dat daar meer van die DA verwag word om vir hierdie saak te veg en die huidige regering op hulle tone te hou om te voldoen aan die gemeenskap se vereistes en behoeftes. Mense word daagliks verkrag, beroof en vermoor en die plaaslike polisie het nie die nodige mannekrag om die gebied te beheer nie. “Onskuldige bejaardes word verbrand of verdrink om hulle volle besittings te verklaar en dan word hulle dalk ook nog vermoor na die booswigte alles uit hulle het,” sê ‘n bekommerde gemeenskapslid.

Daar word tot water aangery vir hierdie onwettige immigrante wat soveel misdaad pleeg,” heg hy by. Dit kom klaarblyklik daarop neer dat die Madibeng munisipaliteit hierdie misdadigers verdra, ondersteun, en laat hierdie anargie toe. Dit het aan die lig gekom dat die bende wat hulle skuldig maak aan hierdie gruweldade van ‘n militêre agtergrond in hulle oorspronklike Afrika-land kom.

Die logiese oplossing is dat ons regering die wet moet toepas, hierdie onwettige immigrante moet deporteer, en dan die gebied opgradeer en formeel vestig soos wat oorspronklik beplan was. Daar is dringende behoefte dat daar in verband met hierdie saak met mag ingegryp word.