Kan Luislange ons uitweg wees teen Jakkalse?

snake

Die probleem teen rooijakkalse kan dalk drasties verminder as ons meer staatmaak op hul natuurlike vyand, die luislang.  Dit is ‘n groot probleem dat luislange uitgeroei word teen so ‘n mate dat dit die ekosisteem kan beïnvloed. Kan dit moontlik wees om ‘n teelprogram vir die Suider-Afrikaanse Luislang te begin in Suid-Afrika?  Sal die luislang uitsterf a.g.v. die menslike vyand?

Die Rooijakkals:

Die rooijakkals kom in ‘n baie wye area voor.  Suid-Afrika, Namibië, Botswana en Zimbabwe, en dan weer in Kenia, Somalie en Ethiopië. Die rooijakkals is gewoonlik 36-48 cm (14-19 dm) hoog by sy skouer, 45-90 cm (18-35 dm) lank en weeg 7-14 kg (15-30 lb). Die rooijakkalse in die suidelike deel van Afrika is geneig om groter te wees as hul boeties verder Noord. Die rooijakkals is opmerklik slanker as ander jakkalsspesies met groot, regop, gepunte ore.

Die rooijakkals is ‘n pes vir baie boere omdat hulle jag maak op lewendehawe (veral skape en bokke).

Die Suider-Afrikaanse Luislang:

Met ‘n bevestigde lengte van meer as vyf meter is die Suider-Afrikaanse luislang een van die grootste slange ter wêreld. Die verspreiding beslaan die tropiese en subtropiese dele van Sentraal- tot Suid-Afrika. Die spesie hou hoofsaaklik van die oop savanne, nie te ver van water nie. As kultuurvlugter vermy die luislang menslike nedersettings en word soms net teëgekom by matig intensief verboude plantasies.

Na die grootte van die luislang wissel die voedsel van klein tot medium, bitter selde tot groot gewerwelde diere. Volwasse luislange vreet dikwels klein boksoorte. In uitsonderlike gevalle word ook prooidiere van oor die 25 kilogram, soos rooijakkalse, halfvolgroeide rooibokke en waterboklammers  gevang. Die Suider-Afrikaanse luislange is soos al die slangsoorte van die genus Python eierlêend (ovipaar) en behoort tot die soort waar die wyfie nie die broeitemperatuur deur spierbewings nie, maar deur die son reguleer. Weens verdelging voor die voet en habitatvernietiging het die aantal luislange in hul oorspronklike verspreidingsgebied drasties verminder; die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur beskou hierdie slang egter steeds as ‘n nie-bedreigde spesie.

Onder die talle nesrowers is daar rotte, (dwerg)muishonde, jakkalse en likkewane. Voorts het die Suider-Afrikaanse luislang in sy jong stadium baie vyande, byvoorbeeld: krokodille, luiperds, ratels, weereens (dwerg)muishonde en slangvretende slange soos die Kaapse vylslang (Mehelya capenis). In hul volgevrete toestand is groot luislange ook in hul voortbeweging en verdediging ingeperk en kan onder andere prooi word vir hiënas en wildehonde. Soms word hierdie luislange ook deur wildevarke, veral die vlakvark, aangeval wat sy kleintjies teen roofdiere verdedig. Suider-Afrikaanse luislange van 4 meter is reeds doodgemaak. Andersins blyk groot slange teen roofdiere weerstand te bied.

Soos by die meeste ander slange word ‘n aantal parasiete op die Suider-Afrikaanse luislange aangetref. Onder die ektoparasiete is verskeie bosluise en myte. Tot op hede is ook verskeie protosoë in die ingewande en bloed gevind, waaronder in die spysverteringskanaal die lintwurm (Cestoda) en aalwurm (Nematode), en in die longweefsel die tongwurm (Pentastomida) van die soort Armillifer.