Kerrie Potjie, (KwaZulu-Natal Potjie)

kwazulu-natal-potjie

Bestanddele:

•2 eetlepels kookolie

•2 hoenders, in stukke gesny (bors, boud – daai klas ding)

•2 groot uie, fyn gekap

•4 huisies knoffel, fyn gekap

•2-3 eetlepels kerriepoeier (sterkte na smaak)

•2 blikke geskilde tamaties

•½ teelepel sout

•1 teelepel witsuiker

•1 eetlepel wynasyn

•2 stukke steranys (opsioneel)

•1 eetlepel appelkooskonfyt

•2 handevol koljanderblare, gekap

So Gemaak:

1. Braai die hoender in die olie tot bruin.

2. Voeg die uie en knoffel by en braai dit tot die uie sag is.

3. Gooi die kerrie by en roer dit vir ’n paar minute deur sodat die kerrie hitte        kan kry, wat dan die geure van die speserye uitbring.

4. Gooi die tamaties, sout, suiker, asyn, steranys en appelkooskonfyt by.

5. Sit die pot se deksel op en laat die spulletjie prut.

6. Onthou, hoender is geneig om fyn te kook, wat die pot dan in ’n amperse       sop verander. Laat dit vir net meer as ’n uur prut, waarna die hoender gaar      en geurig sal wees sonder dat dit oral in die pot rondlê.

7. As die saak reg is, kan jy die koljanderblare bygooi.

8. Roer dit dan deur en skep op. As jy jou Mrs. Ball’s-blatjang by die huis ver         geet het, wel, probeer volgende keer onthou. ’n Ware potjiekosmaker se Ball’s        moet altyd byderhand wees…