Laat U wil geskied…

heaven__s_light_13765932_by_stockproject1-d3p82jn

Oom Jan het jare gelede op die plaas Verloorpan in die omgewing van Van Zylsrus in die Noord-Kaap geboer. Soos gewoonlik was dit ’n lang jaar met die reën wat soos tevore net te lank wegbly. Die beeste en die wild het begin swaar trek en oom Jan het besluit dat hy ernstig oor hierdie saak met die Here sal moet praat.

Raadop is nie die woord nie – hy was heeltemal keelvol gesukkel en selfs die boorgat waaruit hy nog ’n laaste bietjie water van die Molopo gepomp het, het begin leeg pomp. Nou ja, oom Jan het geweet hier is nou net een uitweg en dit vra baie kreatiwiteit en reguit praat met sy Hemelse Vader.

Hy het besluit om vroeg elke oggend en elke namiddag op ’n klip langs die Molopo te gaan sit en sommer hard en reguit met die Here te praat. Die gesprek het natuurlik gelei tot baie eise en voorwaardes en onder andere ’n paar springbokke, gemsbokke, ’n eland en ’n bees wat reguit na sy kerk se basaar sal gaan indien die Here reën sou stuur.

Sien, oom Jan was ’n man van sy woord, maar buiten dit ook ’n man wat ’n goeie “deal” gevat het as hy hom kon kry. Hy moes seker maak dat hierdie reëns die bokke en bees dubbel en dwars vergoed. Nou ja dit daar gelaat, oom Jan het so op sy geliefde klip langs die droë Moloporivier gesit en na die sonsondergang gekyk, met sy pyp in die een hand en sy leervelhoed in die ander het hy aan die stoei geraak met die Here.

Skielik onthou oom Jan wat dominee van Tonder die afgelope Sondag in sy preek gesê het: “Ons moet onse Vader so goed ken dat ons vir Hom presies kan sê wat ons nodig het”. So gesê so gedaan

dominee van Tonder, want oom Jan was mos ’n man van die kerk en het ’n baie goeie verhouding met sy Vader gehad. So begin hy toe nou met die Here praat en sê: “Here weet ek het die belofte gemaak oor al die diere, nou om baie eerlik nou te wees sal ek nou graag my kant van die saak wilstel. Sien U hierdie klip waarop ek vandag sit, laat hy reën en reën tot by die vlak van hierdie klip, want o Here, U weet ons het dit so broodnodig.”

Oom Jan was baie in sy skik met homself dat hy nou die woorde van dominee van Tonder kon onthou en terwyl hy so sy huis instap draai hy om, om vir oulaas oor die droë Kalahari duine te kyk.

Met die dat hy so kyk, besef hy dat as dit nou tot by die klip reën, is sy huis onder water. Nou ja soos die spreekwoord sê maak ’n boer ’n plan en hy het maar teruggestap na die klip en hom so bietjie teen die rivierbed afgerol… net vir ingeval.

Dinge gebeur nie altyd soos ons dit wil nie, maar dikwels kyk ons terug en dan besef ons die Here se wil was tog beter as dit waarvoor ons gevra het. “Laat U wil geskied” Frans du Plessis is predikant by die NG Kerk Brits, hy het in die Kalahari groot geword en hou van stories vertel en om te sien hoe God deel van elke storie en so ook sy lewensstorie is. Hy het onlangs hier by ons aangekom en hy moet baie welkom voel tussen ons mense.

11 thoughts on “Laat U wil geskied…

  1. I’m now not certain where you are getting your info, however great topic.
    I must spend some time finding out much more or understanding more.
    Thank you for fantastic info I used to be looking for this information for my mission.

  2. Good day! Do you know if they make any plugins to assist with
    SEO? I’m trying to get my blog to rank for some targeted
    keywords but I’m not seeing very good results. If you know of any please
    share. Thanks!

  3. I just want to tell you that I am just very new to blogs and honestly enjoyed this web page. Likely I’m going to bookmark your blog . You surely have fabulous posts. Thanks for sharing with us your web page.

  4. I just want to mention I’m newbie to blogging and seriously liked this page. Probably I’m going to bookmark your website . You certainly come with superb articles. With thanks for sharing with us your web page.

  5. I simply want to mention I’m new to blogging and certainly savored your website. Probably I’m likely to bookmark your blog . You amazingly have amazing writings. Many thanks for revealing your web page.

Comments are closed.