Lae dam vlakke word nogsteeds in Noord-Wes ondervind

maxresdefault

Volgens die Departement van Water en Sanitasie se onlangse damvlakke verslag, het Noord-Wes Provinsie die laagste gemiddelde provinsiale dam vlakke in Suid- Afrika. Damme soos die Johan Neser Dam, Kromellenboog, Lyndlespoort en Rietspruit in Noord-Wes het gesak met hulle vlakke.

Die Departement van Water en Sanitasie het reeds beperkings op die hoeveelheid water wat onttrek word uit die Kromellen- boog en Lydlespoort damme gesit. Dit het die kos produksie negatief beïnvloed omdat hierdie damme gebruik word vir landbou doeleindes. Suid-Afrika ontvang jaarliks 500 millimeter reën waar die res van die wêreld 985 millimeter ontvang.

Damme regoor die land se reëls is so aangepas dat 35 damme en 4 sisteme aangepas is om sodoende die effek van die droogte te versag.

Vroeër die jaar het die Minister van Water en Sanitasie, Mev. Nom- vula Mokonyane, gesê dat dit langer as drie jaar kan neem vir die dam- vlakke om terug te gaan na normaal, bygesê wat die effek van ‘n sterk El Nino gaan wees. Die departement skat ook dat ‘n ekstra 3000 miljoen m3 per annum water gaan benodig word om die aanvraag op water
teen 2030 te bereik om te bevestig dat daar water beskikbaar sal wees vir sosioekonomiese ontwikkeling. Die huidige hoof in Noord-Wes, Dr. Tseliso Ntili, is gestres oor die feit dat water beperkings op damme ‘n effek gaan hê op gemeenskaps deelname in die droogte en die bewaring van water. Hy voeg by dat 3 008 202 mense geaffekteer is deur die droogte in Noord-Wes.

Die mees effektiefste manier om water te bewaar is om uitheemse plante in riviere en stroompies te verwyder omdat hulle baie water gebruik. Vermy enige aktiwiteite wat damme en riviere kan besoedel. Gebruik die drip bespoeïngs meganisme en gesels met gemeenskapsleiers om boodskappe vir kerke, skole en klinieke te gee oor hoe om water te bespaar.

So ver is daar op die volgende damme ook water beperkings geplaas naamlik, Koster, Sehujwane, Marico Bosveld, Swartruggens, Pella, Mo- latedi, Madikwe en Wentzel.