Lag `n bietjie…

Liewe Kersvader…

Lizette skryf: “Liewe Kersvader, gee my hierdie Kersfees ‘n dik beursie en ‘n dun lyfie. Moet dit asseblief nie weer omruil soos laasjaar nie!”

Skaam oor salaris…

“…Ek ry nooit met my payslip in my kar rond nie. Netnou kom ek in ‘n ongeluk dan dink hulle dit was selfmoord..”

Karwagte moet getip word…

Twee mans kom uitgestap by die drankwinkel. Gert sê vir sy vriend: “Koos, jy moet die karwag ‘n ‘tip’ gee!” Koos: “O ja, amper vergeet ek.” Koos draai sy venster af en sê vir die karwag: “Moenie direk in die son kyk nie, dis sleg vir jou oë.”

Wyse woorde…

“Moenie alles glo wat jy op die Internet lees nie.”

– Jan van Riebeeck

Slim class…

Dit is die Engelse juffrou se eerste oggend in die klas op Porterville en sy sê: “Good morning class!” Net een outjie spring op en sê: “Good morning miss”. Juffrou vra hom toe hoekom dan net hy geantwoord het. Sê hy: “Because I is the only one whose name are Klaas miss”.

SMS…

“Liefie, ek’s omgery nadat ek my kantoor verlaat het. Santie het my hospitaal toe gebring. Hulle het ‘n hele paar toetse gedoen en X-Strale geneem. Die trauma aan my kop is pynlik, maar gelukkig het ek nie ernstige beserings nie. Ek het wel 3 gekraakte ribbes en ‘n oop fraktuur op linker been, dalk gaan hulle my regter voet amputeer.”
Sy vrou antwoord terug: “Wie de hel is Santie?”

Nuwe bestuurservaring…

Ek het gisteraand by ‘n geselligheid vasgehaak en toe dit huistoe gaan tyd word, het ek my kar daar gelos en ‘n bus gevat. Ek is vandag soooo trots op myself…Ek het nog nooit ‘n bus bestuur nie.

Slimgeit…

Jimmy vra vir Mike of hy dink Portugal vêr van hier af is. Mike sê: “hy glo nie, want op laerskool was daar Portugese in sy klas, en hulle het sommer met hul fietse skool toe gery!”

Absolute wysheid…

Wel, jy sien dit werk so… ‘n Trop buffels beweeg net so vinnig soos die stadigste buffel. Wanneer die trop gejag word is dit die stadigste en swakste agter wat geskiet word. Die natuurlike seleksie is goed vir die trop as ‘n geheel, want die spoed en toestand van die trop verbeter deur die gereelde eliminasie van die swakste troplid. Op dieselfde manier funksioneer die menslike brein net so goed soos die swakste breinsel. Soos ons weet, vernietig oormatige gebruik van alkohol breinselle. Maar natuurlik val die alkohol die stadigste en swakste breinsel eerste aan. Op hierdie manier, deur gereelde gebruik van alkohol, word die swakste en stadigste breinselle vernietig, wat dan die brein vinniger en meer effektief laat funksioneer… en dit is hoekom jy altyd slimmer raak na ‘n paar doppe!