Lag ‘n bietjie

Lag ‘n bietjie

Vrou bederf………..

Ek hou nog steeds daarvan om die liefde van my lewe te bederf! As sy laat werk in die aand, dan bel sy my en sê sy is oppad! Dan tap ek lekker warm water met skuim solank in, sodat, as sy instap, sy dadelik kan begin om die skottelgoed te was. 

Boere-engels………

.
Twee Metro polisiemanne sien ‘n bakkie met FS registrasie wat in die laan wat gereserveer is vir busse ry. Hulle trek die boer en sy passasier af, stap na die bakkie en sê: “Good day sir.”
Boer: “Goeie dag.”
Poliesman: “Das lane is for da bus”
Boer: “Yes, I’m bus JAN and this is bus PIET!”

Ouma is die beste………

Klein Jannie en sy gesin eet Sondag middag by Ouma. Net toe almal aan tafel is, begin Ouma die kos opskep.

Toe Jannie sy bord kos ontvang, begin hy dadelik eet. 

“Jannie, asseblief!!” sê sy ma. “Wag asseblief tot ons gebid het.”

“Ek hoef nie,” sê hy dadelik. 

“Natuurlik moet jy!” antwoord sy ma. “Ons bid altyd voor ons by die huis eet.”

“Ja, maar dit is by ons huis” verduidelik Jannie. “Maar hierdie is Ouma se huis, en sy weet hoe om te kook.” 

Nuwe vakansiedag……

Malema vra ‘n toordokter op watter dag sal hy doodgaan?

Toordokter: “Op ‘n Boere vakansiedag!”

Malema: “Aauk, hoekom?”

Toordokter: “Enige dag wat jy doodgaan, sal vir die Boere ‘n vakansiedag word.”

Lesingtyd……….

Die spietkop trek die ou oom van 78 af ongeveer 02h30 in die oggend. Die oom is goed gesool! Spietkop: “My oom, jy is papdronk, en jou bestuur jy die tyd van die oggend. Waarheen is jy oppad?”

Oom: “Nee, ek is oppad na ‘n lesing toe.”

Spietkop: “Lesing?? Strooi man, waarheen is jy oppad?”

Oom: “Ek is oppad na ‘n lesing oor drankmisbruik, alkoholisme, dobbelary, verbode seks en opkikkers.”

Spietkop: “En wie sal nou die tyd van die oggend so ‘n lesing aanbied?”

Oom: “My vrou natuurlik!” 

Armstrong is goed…….

Ek’s eintlik impressed met wat Lance Armstrong gedoen het!! Toe ek op drugs was kon ek nie eers my blerrie fiets kry nie.

Nuwe loopbaan…….

Ek wil julle graag vra om vanmiddag aan my te dink. Ek het ‘n afspraak by my bank en as dinge reg uitwerk, sal my lewe baie verander. Ek is so op my senuwees, ek kan skaars die sykous oor my kop kry…

2 thoughts on “Lag ‘n bietjie

Comments are closed.