Lam Skenkels

beestekraalResep                                                       3 heel lamskenkels
10 ml olyfolie
20 ml Balsamiese asyn
Vars roosmaryn
Knoffel , heel of fyngemaak
3 groot uie afgeskil en in kwarte gesny
1 blik heel tamaties (of tamatie en uie smoor)
sout en peper na smaak

Ek gooi gewoonlik sommer ‘n paar wortels in skywe, en paar aartappel blokkies ook saam by.

1. Vryf die olie en asyn oor die skenkels en maak seker daar is ‘n klein bietjie olie onder in die pot.
2. Plaas die skenkels op die bodem van die pot sodat hulle langs mekaar en plat le.
3. Gooi die roosmaryn bo-oor en plaas die knoffelhuisies oral rond in die pot, of vryf die fyn knoffel oor die skenkels na die olie en sit dan in pot.


4. Druk die kwart uie oral tussen die skenkels en pot in sodat dit teen die vleis le.
5. Gooi die tamatie en uiesmoor bo-oor die skenkels.
6. Gooi water (of aangemaakte aftreksel) oor die skenkels totdat die water amper die skenkels bedek. (Ek het aanmaak aftreksel poeier gebruik – van Ina Paarman die bruin uie en groente geur – en net bo-oor die vleis gestrooi voordat ek die water oorgegooi het. Seker so 2 eetlepels aftreksel poeier.)
7. Sit deksel op en laat prut vir 3 ure (of tot baie sag) op hoog.
8. Indien nodig kan die skenkels uitgeskep word en die sous verdik word met meel aan die einde binne die prutpot. Die hoeveelheid meel word bepaal deur die hoeveelheid sous, begin met 2 eetlepels, ek meng die meel met ‘n bietjie sous en roer dit dan terug in die pot.
9. Bedien met bykosse soos fyn aartappels. rys, koeskoes ens en ‘n slaai,  Wortels en aartappels in die bredie sal dit nog lekkerder maak, skil en sny in verlangde grootte en sit saam met ander bestandele in die pot.
toof.

One thought on “Lam Skenkels

  1. Since 2002, the North East of the state has found sectarian violence by Boko Haram, an Islamist movement that seeks to abolish
    the secular process of government and establish Sharia law.

    Nigerian President Goodluck Jonathan in May 2014
    claimed that Boko Haram attacks have left at least 12,000 people dead
    and 8,000 people crippled. At the same time, neighbouring
    nations, Niger, Chad, Cameroon and Benin joined Nigeria in a combined
    effort to battle Boko Haram in the consequences
    of a world media emphasized kidnapping of 276 schoolgirls and the spread of Boko
    Haram strikes to these states.

Comments are closed.