Lemoenmuffins met Lemoene in koffiestroop en kaneeljogurt.

Vir die Lemoenmuffins:
Benodigdhede:
LemoenmuffinsmetLemoeneinkoffiestroopenkaneeljogurt-2015-03-09
180 g Bruismeel
50 g Bosbessies(Cranberries)
50 g fyngestampte karamelgrondboontjies of haselneute
15 ml lemoenskil
5 ml kaneel
2 ml neutmuskaat
2 ml sout
2 eiers
100 ml gesmelte botter
50 ml Willow Creek Blood Orange gegeurde Olyfolie of gewone kookolie
100 ml lemoensap
100 ml suiker
100 ml Dewfresh suurroom of dik Gero ongegeurde jogurt
 
So maak mens:
Verhit jou oond tot 180 grade Celcius. Meng al die droë bestanddele. Meng die res van die bestanddele goed in ‘n aparte mengbak. Meng dan die twee mengsels deeglik tot ‘n dik mengsel. Verdeel die deeg in ses muffinpannetjies. Bak vir 20 minute of tot goudbruin en gaar. Vir garnering kan jy dun repies lemoenskil in ‘n ligte suikerstroop vinnig afkook tot hulle stroperig en sag is.
Vir die Lemoene in Koffiestroop:
Bestanddele:
6 kleinerige lemoene, versigtig afgeskil sodat daar geen wit pitvel aan die lemoene is nie
300 ml sterk swart koffie
300 ml suiker, opgelos in die koffie
30 ml dun repies lemoenskil
So maak mens:
Kook die lemoene heel in ‘n kastrol waarin die lemoene pas en die koffiestroop hulle bedek, vir ongeveer 40 minute vinnig totdat die stroop dik en taai is.
Bedien die muffins met die koffie-lemoene daarby, saam met volroomjogurt waaroor ‘n knippie fyn kaneel gesprinkel is.LemoenmuffinsmetLemoeneinkoffiestroopenkaneeljogurt-2015-03-09LemoenmuffinsmetLemoeneinkoffiestroopenkaneeljogurt-2015-03-09