‘Ligte’ Bier -Gesofistikeerd Op ‘n ernstige Noot.

yummyDie bier mark het nogal vernis en gespesialiseer in verskillende tipes bier. Dit is hoe enige handelsmerk maar in verskillende ander handels-tipes versplinter vir bemarkingsdoeleindes. Daar word daarna verwys as ‘sub brands’ en dit sluit ‘n teikenmark in wat gewoonlik nie regtig van bier hou of dit drink nie.
Diegene wat baie bewus is van hulle alkohol inname gaan gewoonlik vir ligte bier – dit sluit ook limonadebier in wat na verwys word as ‘n ‘shandy.’ Dit is nogal baie gewild onder dié wat nie sterk drank verdra nie en onder dames wat nie as drinkers wil voorkom nie. Ander hou net eenvoudig van die ligte en soeter smaak – anders as ‘n bitter bier.
Tot nou toe, wat die besigheid en die verkope van hierdie ligte biere betref, gaan dit eintlik nie goed nie. Verkope op internasionale vlak het gedaal en dit het tot ‘n hele nuwe benadering bygedra – bier wat die hoeveelheid alkohol bevat maar wat soet smaak soos gas koeldrank. Dit is waar die biersoort Flying Fish inkom. “Dit is eintlik vir ‘n mark bedoel wat nie bier drink nie, maar wat ook wil inpas en gesien word as ‘een van die manne’ met ‘n koue bier in die hand,” is die opmerking wat ‘n mens baie hoor by kroeë.
Die ligte bierbedryf word gesien as ‘n gesofistikeerde onder-handelstipe wat die publiek oortuig om bier te probeer en miskien op ‘n selde basis te drink. Ligte bier word gesien as ‘n drankie vir die hoë LSM bevolking wat die ‘cream of the crop’ uitmaak – die meer hoë klas verbruiker wat meer kan bekostig. Die bier is juis nie duurder nie maar dit is die indruk wat bewus- en onbewustelik geskep word. Die enigste probleem is meeste mans wil nie met ‘ligter bier’ vereenselwig word nie. Watse regte man wil nou in kroeg gesien word met ‘n flouerige ‘ligte biertjie.’

Dit kom daarop neer dat hy maar net sowel kon drink met ‘sy pinkie in die lug.’ Maar vir die wat oor hulle gewig bewus is, is dit heeltemal ‘n ander saak. Dit bevat minder in kalorieë en kilojoules en dan kan jy nogsteeds dieët en ‘n drankie geniet sonder om skuldig te voel of jou dieët te moet uitskakel omdat jy so graag ook wil partytjie en makietie.
Vroeër reklame advertensies het spottend ligter bier bemark met mans in rokke en het nogal ‘n humoristiese benadering gebruik. Dit word deesdae onder die jonger geslag as ‘n verskeidenheid om van te kies gesien. Dit is gewild onder dames en mans wat nie vrees om as metrooseksueel gesien te word of wat ‘speel vir die ander span.’ “Flying Fish op die ander kant doen so goed soos Smirnoff Spin en Smirnoff Storm,” is al opgemerk in eksentriese kroeë in Melville, Johannesburg.
Die wat ligte bier drink word ook deur reklame uitgebeeld is diegene wat nie bang is om anders te wees nie. Dit is bier maar proe nes koeldrank – jy staan uit dan as ‘n bier drinker al is dit wat jy drink wel bier hoef dit nie so te proe nie.

Alhoewel die ligte biermark afneem is maatskappye juis oorgretig om op ‘n ernstige noot hiérdie tipe bier aggressief te bemark en daar word al hoe slimmer advertensies uitgedink om verkope ‘n hupstoot te gee. So ons kyk, soos tyd aangaan, ‘n regte man van die manne te sien wat ligte bier drink sonder dat dit ‘n ‘issue’ is (soos ons Afrikaanse taal verengels) en sonder dat dit mans enigsins pla met betrekking tot wie hulle is en hulle persoonlike identiteit.

3 thoughts on “‘Ligte’ Bier -Gesofistikeerd Op ‘n ernstige Noot.

Comments are closed.