Mag ‘n eienaar ‘n huurder se krag afskakel?

Dit gebeur baie dikwels dat ‘n huurder by die huis kom en dadelik opmerk dat daar geen krag is nie. Gewoond aan beurtkrag tref hy maar alternatiewe reëlings en wag maar geduldig vir wanneer die krag weer aankom. Hy bel sy buurman, maar dié sê vir hom dat hulle krag het. Hy bel die eienaar wat vir hom sê dat hy die krag afgeskakel het omdat hy agterstallig is met die betaling van sy kragrekening. Kan die eienaar dit doen?

Dit is ‘n fundamentele beginsel van die reg dat geeneen die mag het om die reg in eie hande te neem nie. In die geval van die eienaar word die vraag gevra wat hom te doen staan wanneer ‘n onbetroubare huurder die kragrekening net laat oploop, terwyl die huurder wil weet wat hom te doen staan wanneer sy krag net eenvoudig gediskonnekteer word.

Daar is geen reël in die Wet wat ‘n eienaar die reg gee om ‘n huurder se krag te diskonnekteer wanneer so ‘n huurder agterstallig met sy betalings is nie. ‘n Huurooreenkoms tussen die twee partye vestig die huurder se reg tot onverhinderde gebruik van die eiendom asook die verpligting op die huurder om te betaal vir huur, krag en water.
Sou die eienaar die reg in eie hande neem en die krag diskonnekteer, het die huurder die reg om die Hof te nader vir ‘n spoliasiebevel wat aantoon dat die huurder se toegang en gebruik van die eiendom onregmatig benadeel is. Die Hof mag ‘n bevel uitreik dat die huurder in dieselfde posisie as voor die eienaar se aksie geplaas moet word en ‘n kostebevel vir die aansoek mag ook teen die eienaar uitgereik word.
Onmiddellik ontstaan die vraag of die eienaar dan sonder regte is? Hy vra homself die vraag af of hy dan self verantwoordelik is vir alle agterstallige gelde en wanneer hy nie saak in eie hande kan neem nie, wat staan hom dan te doen om sy finansiële verlies te herwin?
In ‘n onlangse saak van
Anva Properties CC vs End Street Entertainment Enterprises CC het die Hof opskorting van krag na ‘n huureiendom toegelaat nadat die eienaar grondige redes wat die opskorting regverdig, aan die hof voorgelê het. ‘n Eienaar mag die kragtoevoer afsny op voorwaarde dat hy die korrekte prosedure volg en ‘n hofbevel verkry wat hom toelaat om dit te doen.

Enige eienaar wat frustrasies het met agterstallige huurders word maar aangeraai om met kundiges te konsulteer oor die korrekte stappe om te volg. Die belangrikste is egter om nie die reg in eie hande te neem nie.

8 thoughts on “Mag ‘n eienaar ‘n huurder se krag afskakel?

  1. After checking out a number of the blog posts on your website, I really appreciate your way of writing a
    blog. I saved as a favorite it to my bookmark site list and will be checking
    back soon. Please visit my website too and let me know your
    opinion.

  2. Do you mind if I quote a couple of your articles as long as I provide credit and sources back to your site?
    My blog is in the very same niche as yours and my visitors would definitely benefit from
    a lot of the information you provide here. Please let me know if this okay with you.
    Cheers!

  3. I just could not leave your site before suggesting that I
    actually enjoyed the usual information a person supply for your guests?
    Is going to be back regularly in order to check up on new
    posts

Comments are closed.